Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Erfenishuis in vlamme

Die Paarl moes al oor die jare menige plaashuise wat van geweldige historiese en sentimentele waarde was, aan brande afstaan, en die laaste brandgeval was immers net so tragies.

’n Historiese plaashuis op die plaas Eben-Haëzer, in Klein Drakenstein, het Donderdag (16 Januarie) tot net die struktuur bly staan het, afgebrand. Die Paarl is saam met die eienaar, Louise Breugem (81) en haar gesin, verpletter.

Die brand het omstreeks 04:00 vermoedelik by ’n kothuis op die plaas begin. Die kothuis, wat deur ’n gesin gehuur is, en die hoofhuis, waarin Breugem gewoon het en sy as gastehuis bestuur het, is verwoes.

Breugem se dogter, Patricia Combrink, vertel haar ma en twee gaste was in die hoofhuis en die gesin wat die kothuis gehuur het, was tuis. Breugem is deur die gas wakker gemaak waarna sy dadelik die nooddienste ontbied het, die sproeiertjies wat die grasdak natmaak oopgedraai en die aangrensende jagluiperdplaas langsaan in kennis gestel het dat haar huis brand.

Die brandweerdienste en Drakenstein-plaaswag se brandbestryders was binne minute op die toneel.

“My ma is met net haar nagklere, japon en selfoon daar uit,” vertel Combrink.

Breugem is later daardie dag na die MediClinic Paarl geneem waar sy behandeling vir rookinaseming ontvang het, maar is later na ’n hospitaal in Panorama oorgeplaas. Combrink sê sy het Donderdagoggend ’n ligte hartaanval gehad, maar sterk goed aan. “Sy is werklik net baie bly niemand het seergekry nie,” vertel sy.

Combrink sê die huis het drie geslagte van hul gesin gehuisves en die herinneringe in die huis was kosbaar.

“Die pragtige historiese meubels wat op ’n skip uit Holland hierheen vervoer is, en nog van die Franse Hugenote, is verlore,” sê sy. Daar was ook ’n Bybel wat uit die 1680’s dateer.

“Dit was die heenkome waarvoor ons lief was, wat ons identiteit gevorm het en ons kultuur as Nederlandse immigrante in Suid-Afrika gevorm het,” sê sy.

Louise en haar oorlede man, Cors, het in 1976 na Suid-Afrika gekom en die spoghuis, wat in 1837 gebou is, gerestoureer en in ’n gastehuis verander.

Die familie het die brandweer en almal wat hulle steeds ondersteun, bedank.

Daniel Smit, ’n woordvoerder van die Drakenstein-erfenisstigting, sê die organisasie betuig sy innige meegevoel vir die familie se verlies.

“Dit is altyd sleg wanneer die Drakenstein-gebied ’n erfenisgebou afstaan,” sê hy.

Smit voeg by dat die Breugem-familie self ook al diep spore in die Paarlse geskiedenis getrap het. • The historic farmhouse on the farm Eben-Haëzer burnt to the ground last Thursday (16 January) and Paarl residents were devastated with owner Louise Breugem (81) and her family. The fire started at about 04:00 in a cottage on the farm.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.