Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Fietsryer in tref-en-trap-ongeluk

’n Bekende fietsryer van Paarl is verlede week Donderdag (4 Oktober) ernstig beseer toe hy deur ’n bakkie raakgery is.

Dié belowende fietsryer Whayde Davids (18) was van sy huis in Wellington op pad in die rigting van die R45, die Malmesbury-pad, op sy R27 000- fiets wat maar net twee maande oud is toe ’n Isuzu-bakkie hom tref.

Die Isuzu-bakkie, met ’n CR-registrasienommer, het glo weggejaag.

Davids, wat die afgelope sewe jaar sy passie vir fietsry uitleef, was veronderstel om Saterdag aan die WP-fietsrykampioenskap in Bellville deel te neem, maar moes onttrek omdat hy sy rug gekraak het as gevolg van dié botsing.

Hy het ook sy kop gestamp en onthou nie veel van die botsing nie, maar volgens hom het ’n plaaswerker glo die ongeluk gesien gebeur en tot sy redding gekom.

“Ek is geskok oor die voorval, want ek ry gereeld die pad as ek oefen,” het hy gesê.

Volgens hom is die skouer ook breed genoeg om op te ry en kan hy nie sien dat hy die pad versper het nie.

“Mense in hierdie land het geen respek vir fietsryers nie. Baie ander professionele fietsryers was al in soortgelyke botsings betrokke,” het ’n bekommerde Davids vertel.

Hy noem dat iets drasties gedoen moet word om die veiligheid van fietsryers op paaie te verseker en dat motoriste die pad met hulle moet deel.

“Ek het altyd gedink dit sal nie met my gebeur nie en toe gebeur dit.

“Ek bewonder ander lande waar fietsryers se belange op die hart gedra word en waar motoriste respek vir fietsryers moet hê,” het hy gesê.

Davids is ná die voorval na die hospitaal geneem waar hy eers later die aand sy bewussyn herwin het en is die volgende dag (Vrydag, 5 Oktober) ontslaan.

Hy sterk tans by die huis aan en hoop om teen Desember gereed te wees om sy fietsrypligte na te kom.

Enige ooggetuies word gevra om die Wellington-polisie by 021 864 844 te skakel.

. A promising cyclist from Paarl has been seriously injured after a bakkie drove into him, after which the driver thereof fled the scene.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.