Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Fisio se saak onbepaald uitgestel

Die hofsaak van die Wellingtonse fisioterapeut, wat verlede jaar behoorlik amok in dié dorp gemaak het, is onbepaald uitgestel.

Petro van der Merwe het verskeie kere verlede jaar die koerante se hoofopskrifte met haar manewales gehaal.

Van der Merwe is verlede jaar in April na ’n wilde jaagtog tussen Wellington en die Paarl in hegtenis geneem nadat sy die Hugenote Hoërskool se valhek te pletter gery het.

Die drama het ontvou nadat sy die oggend na bewering ’n baksteen deur ’n Wellingtonse sakeman se venster by sy huis gegooi het en die polisie is ontbied, maar sy het in haar motor weggejaag waarna die jaagtog begin het. Ná haar inhegtenisneming was sy vir bykans tien dae agter tralies voordat sy op borgtog vrygelaat is.

’n Week later in Junie het sy weer met die gereg gebots toe sy ’n onderwyser by die skool geklap het toe sy haar kinders wou besoek. Die skool het ná die eerste voorval ’n interdik bekom dat sy nie die skool se perseel mag betree nie.

Sy is weer op borgtog vrygelaat.

Verlede week het sy weer in die Wellington-landdroshof verskyn in ver­band met verskeie klagtes teen haar. Die verhoor is voorlopig gestop om vas te stel of sy toerekeningsvatbaar is om verrig­tinge in hof te verstaan.

Volgens die polisiewoordvoerder, kapt. Basil Seekoei, wag die staatsaanklaer op haar sielkundige verslae en die hofsaak is onbepaald uitgestel.

- Samuel Walters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.