Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Geen heenkome vir familie ná brand

Drie gesinne is so te sê dakloos gelaat nadat ’n brand drie wonings in Groendal, Franschhoek, verwoes het.

Die huiseienaar, Gertruida Fortuin (53), van Saphirestraat het gesê sy was omstreeks 08.00 in haar huis doenig toe sy kinders van buite hoor skree dat daar ’n brand is.

Sy is onmiddellik na buite en het gesien een van die opslaanhuise in haar erf was aan die brand.

“Ek het die kraan van die tuinslang oopgedraai om die brand te probeer blus, maar die waterdruk was te laag en die brand het vinnig na die ander huis versprei.”

Hierna het haar huis ook vlamgevat, maar die brandweer, wat intussen opgedaag het, het daarin geslaag om te keer dat dit heeltemal verwoes word.

Ses ander familielede het in die opslaanhuise gewoon, maar almal het betyds na veiligheid gevlug.

Fortuin se huis se dak en een van die mure is beskadig.

“Ons kon vandag glad nie in die huis ingaan nie,” het Fortuin gesê. Sy het ook vertel dat die uitgebreide gesin nêrens het om te gaan nie. Sy het van haar besittings uit die huis gekry, maar sê daar was te min tyd om al haar besittings te kry.

“Van die goed was reeds gebreek. Ons weet nie wat ons met die goed wat nog werk, gaan maak nie,” het sy oor haar elektriese toestelle gesê.

Die ander familielede het net die klere aan hul lyf oor.

Stuart Grobbelaar, die Stellenbosch-munisipaliteit se kommunikasie­bestuurder, sê die oorsaak van die brand is onbekend en word nog ondersoek.

“Die brandweerdienste is om 08:01 ontbied, was sewe minute later op die toneel en teen 09:00 was die brand heel­temal geblus. Geen beserings of gevalle van rookinaseming is aangemeld nie.”

Die brandweer maan die publiek om te alle tye baie versigtig te wees met die gebruik van oop vlamme, soos gasstofies of paraffienlampe.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.