Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Geliefde leerkrag sterf

’n Geliefde onderwyser van Paarl is verlede Donderdag (13 Desember) ná ’n kort siekte oorlede.

David Joshua (62) was die afgelope agt jaar onderwyser by Charleston Hill Primêr waar hy uitgeblink het in wiskunde en wetenskap.

Joshua, wat grotendeels sy lewe aan die onderwys gewy het, het ook van 2004 tot 2008 as verslaggewer by Paarl Post gewerk.

Hy was ’n boorling van Agter-Paarl en het by Hoërskool Noorder-Paarl gematrikuleer.

Hy het onderwys gaan studeer en sy eerste pos as onderwyser was by Scottsdene- Hoërskool. Hierna het hy by verskeie skole onderwys gegee.

Hy het egter vir ’n kort tydjie uit die onderwys getree en vir Old Mutual gewerk asook as joernalis by Paarl Post. Sy hart het egter altyd by die opvoeding en onderwys van jongmense gelê.

Hy het dus teruggekeer na sy geliefde beroep en het tot kort voor sy dood by Charleston Hill Primêr skoolgehou.

Sy vrou, René, sê hy het altyd ’n groot passie vir die onderwys en sy gemeenskap gehad. “David was altyd druk betrokke en besorg oor sy gemeenskap en was tot onlangs lid van die New Orleans-buurtwag.”

Sy suster Monica Hankey sê toe hulle nog op skool was, het David reeds onderwyser gespeel en hy kon enige vrae beantwoord. “Hy was ’n steunpilaar vir ons. As ons enige raad nodig gehad het, was David altyd daar met ’n oor om te luister en ons te wys in watter rigting jy behoort te beweeg.”

Vincent Parrot, die skoolhoof van Charleston Hill Primêr, het gesê David se heengaan is vir die skool ’n groot verlies en hy sal terdeë gemis word deur onderwysers asook die leerders.

David word oorleef deur sy vrou, René, hul kinders Davireaux en Dominique en Nadia en Ashlyn uit ’n vorige huwelik.

’n Gedenkdiens word 19:00 vandag (Donderdag 20 Desember) in die skoolsaal gehou. Die begrafnis vind Saterdag 08:00 plaas van die huis in Sipresstraat 15, New Orleans, en 10:00 by St. Augustines-kerk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.