Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Geliefde Paarlse skrywer stel haar digbundel bekend

Die geliefde Paarlse skrywer Petro Gordon sal Vrydag (12 April) haar nuwe digbundel, Nogtans sal ek jubel, 18:00 by die Drakenstein-biblioteek bekendstel.

Petro beskryf haar bundel as ’n byeenbring van gebede, gedagtes en gedigte spesiaal vir vroue in verskillende omstandighede.

Baie van die vroue, vertel sy, het eens op ’n tyd haar pad gekruis en sy het die voorreg gehad om na hul hartstories te luister.

“Ek word baie gevra om as motiveringspreker op te tree en gesels gewoonlik oor my gedigte wanneer ek dit voordra.

“Ná sulke geleenthede wil mense altyd weet waar hulle die gedigte kan lees,” praat Petro oor haar skryfwerk.

Van Petro se gedigte het voorheen in saamgestelde bundels verskyn saam met plaaslike asook Nederlandse digters.

Haar hartsbegeerte is dat die bundel vir elkeen wat dit lees, ’n bemoediging sal wees of dalk ’n geskenk aan ’n vriendin met die boodskap dat ons steeds aan die Here eer moet gee, al gaan dit hoe moeilik.

Petro gaan nie net van die gedigte voorlees nie, maar ’n dramagroep gaan van die gedigte dramaties uitbeeld.

Sy vertel trots dat die laaste gedig in die bundel, wat as lofsang geskryf is, deur ’n vriendin, Berenice Speake, getoonset is en by die geleentheid gesing gaan word.

Die toegangsfooi by die bekendstelling is R125 per persoon.

Vir navrae, bel Petro by 064 509 9639 of stuur ’n e-posboodskap na plmrhode@yahoo.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.