Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gemeenskap jubel ná Waste to Energy gestuit word

Die Drakenstein Environmental Watch (DEW) wil graag die Drakenstein-gemeenskap bedank vir hul mandaat en ondersteuning om die voorgestelde Waste to Energy (WTE-projek) suksesvol teen te staan.

Die stryd om die beplande Wellington-vullisverbrandingsoond te keer was nie dié van individue nie, maar van ’n gemeenskap wat daarteen saamgestaan het. Die DEW wil daarom graag elkeen bedank wat op die een of ander wyse beswaar teen die WTE-projek gemaak het, hetsy deur kommentaar op die omgewingsimpakstudie, ’n brief aan die koerant, bywoning van ’n vergadering, ’n handtekening op ’n beswaarskrif of deelname aan die optog teen die verbrander.

’n Groot deel van die werk het agter die skerms plaasgevind. Baie dankie aan professionele mense soos ingenieurs, hidroloë, omgewingskenners, regslui, landboukundiges, onderwysers en mediese spesialiste uit die gemeenskap wat tyd afgestaan het om deur lywige verslae te werk en kommentaar te lewer oor die potensieel nadelige uitwerking van die WTE-projek.

Baie dankie ook aan nieregeringsorganisasies soos die Wellington Community Care Group, GAIA, GroundWork en SA Waste Pickers Association vir hul ondersteuning en bystand asook Legal Aid vir regsadvies. Spesiale dank ook aan Legal Resources (die nieregeringsorganisasie wat Eskom se kernkragplanne in die hof gestuit het) vir regshulp en onderneming om die gemeenskap van Drakenstein kosteloos in die hoogste hof in die land te verteenwoordig indien die WTE-projek sou voortgaan.

Die werklike uitdaging lê nou voor – om ’n volhoubare oplossing vir Drakenstein se vullisprobleem te vind. Die DEW verbind hom opnuut om hierdie uitdaging in samewerking met die gemeenskap die hoof te bied.

Kubahlali base Drakenstein senza umbulelo ongazenzisiyo ngenxaxheba yenu enkosi.
.
Bernus Van der Westhuizen,

Voorsitter: DEW

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.