Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gesin verloor alles in brand

KLEINMOND – Die voorsitter van die Hangklip- en Kleinmond-gemeenskaps­polisiëringsforum en sy gesin het die afgelope Saterdag alles verloor toe hul huis amper tot op die grond afgebrand het.

Jacques Oosthuizen en sy gesin moes toekyk toe hul huis in Rooiels-singel omstreeks 23:00 in vlamme gehul is terwyl die brandweer gespook het om die vuur in bedwang te bring.

Lester Smith, brandweerhoof van die Overstrand-munisipaliteit, het bevestig met hul aankoms was die brand reeds in ’n gevorderde stadium. “Ons het die oproep om 22:49 ontvang en teen 22:58 was ons eerste voertuig op die toneel. Met ons aankoms was die huis in ligte laaie en reeds heeltemal uitgebrand. Overstrand het vier brandweerwaens op die toneel gehad om die brand te blus. Groot skade is aan die struktuur aangerig as gevolg van die hoë hitte van die vuur,” sê Smith.

Volgens hom is die oorsaak van die brand steeds onbekend.

Oosthuizen bevestig dat hulle in die slaapkamer was om reg te maak vir ’n rustige nagrus toe hulle agtergekom het die huis is aan die brand.

“Dit wat ons daai aand moes aanskou, wens ek nie my grootste vyand toe nie – ek het deur my lewenspad baie te doen gehad met mense wat blootgestel word aan verskeie elemente, maar om te staan en toekyk hoe ’n leeftyd se herinneringe so voor jou weggevee word, sal seker vir ’n tydjie aan ons vasklou,” sê Oosthuizen.

Hy het sy dankbaarheid teenoor die brandweer en ander dienste uitgespreek. “Hulle was volgens my so gou as moontlik op die toneel om ons by te staan – dit word opreg waardeer. Tot die manne wat my hond so mooi opgepas het – ons het nie gedink hy het dit oorleef nie of het dalk wegge-hardloop,” voeg Oosthuizen by.

Die Hangklip-Kleinmond-sakeforum het die gebruik van sy bankrekening vir spesiale projekte (in samewerking met raadslid Grant Cohen) beskikbaar gestel om Oosthuizen en sy gesin te help. Vir verdere navrae en as enigiemand geld, meubels, klere of kos of enige ander bruikbare artikels wil skenk, kan hulle Cohen by 072 436 9068 bel.

“Dankie vir almal se boodskappe van vertroosting en selfs vir dié wat baie na aan ons is – ons kinders het dit so mooi hanteer, maar ’n mens kon sien, soos hulle deur die puin krap, hoe vlak die trane lê en dis die goed wat ’n ouer seermaak en jou voete op die grond laat vasplak. Jy is nie beter as enigiemand anders nie – as jy so dink, sit jy die pot mis. Een of ander tyd het ons mekaar nodig. Die gemeenskap van Kleinmond, Bettysbaai, Rooiels en Pringlebaai is almal hartsmense wat saamstaan. Dis ’n Vadersdag wat onthou sal word,” sluit Oosthuizen af.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.