Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gesondheidswerk beloon

Talle Drakensteinse gesondheidswerkers is onlangs vir uitsonderlike werksprestasies vereer.

Die toekenningsgeleentheid is op 19 Julie in die Paarl gehou en gesondheidswerkers van verskeie klinieke in die Drakenstein-streek is vereer.

“Geniet hierdie gevoel van sukses,” was die woorde waarmee Sandra Theron, bestuurder van primêre gesondheidsorg in die Drakenstein-distrik, personeel by die geleentheid verwelkom het. Deur sy elf klinieke, ses mobiele klinieke en drie gemeenskapsdagsentrums bedien die distrik se personeel jaarliks minstens ’n halfmiljoen mense.

Die toekennings is in pas met die Wes-Kaapse departement van gesondheid se 2030-strategie om heersende siektetoestande te beveg deur: . toe te sien dat multidissiplinêre spanne saamwerk tot voordeel van pasiënte; . pasiënte vir dienslewering op verskillende vlakke te verwys, soos nodig;. dienste te lewer wat op die pasiënt gerig is; . omvattende gesondheidsorg regdeur die pasiënt se lewe te lewer.

Die toekennings is ook gedoen met inagneming van nasionale, provinsiale en distrik-spesifieke doelwitte.

Die klinieke wat toekennings ontvang het, sluit Klein Drakenstein, Patriotplein, Dalvale, Windmeul, Pholapark, Soetendal, Saron, Simondium, Nieuwedrift, Wagon of Hope, Right to Care Saron en Wellington in, asook die Huis McCrone- mobiele kliniek en die TC Newman-, Mbekweni- en Wellington-gemeenskapsdagsentrums.

Die klinieke is vereer vir onder meer:. hul uitvoering van die Eerste Duisend Dae-inisiatief;. die haal van prestasie-doelwitte;. die beste prestasie in gehaltebestuur;. afvalbestuur; . die handhawing van standaarde vir die bekamping van infeksie;. die beste voorkomingspraktyke vir MIV/vigs en ander seksueel oordraagbare infeksies;. die beste prestasie in die opspoor van pasiënte met TB wat nie behandeling voltooi het nie;. die beste bestuur van pasiëntlêers en -rekords;. die beste inligtings- en databestuursplan per instelling.

Daar is onderskei tussen klinieke met meer, en klinieke met minder, as 4 000 pasiënte per maand.

Die Paarl-bestuurspan het ook ’n trofee vir die personeelgroep met die minste afwesigheid in die werksplek ontvang.

Die Wellington-bestuurspan was in die tweede plek.

Nog ’n toekenning was vir die beste implementering van die stelsel waarvolgens personeel geëvalueer word. Dit is aan die TC Newman-span toegeken.

Dié gemeenskapsdagsentrum is ook vereer vir die beste bestuur van medikasie by ’n alternatiewe punt waar kroniese medikasie gelewer word, asook vir die beste voorraadbestuur.

Die Cecelia Makiwani-verpleegtoekenning is aan sr. Fredelene Otto oorhandig.

Handri Liebenberg, adjunkdirekteur van omvattende gesondheidsdienste in die Kaapse Wynland, het gesê dat die Drakenstein-span ’n sterk span is.

“Die elemente wat sukses moontlik maak, is om deel te wees van ’n span, om te weet wat jou motiveer en om duidelike doelwitte te hê. Baie geluk met wat julle bereik het.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.