Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Goeie reënval, maar krane moet steeds toe bly

Damme is nou die volste wat hulle was sedert Junie 2014, maar die publiek moenie dink hulle kan die krane aanhoudend laat loop nie.

Dirk Hattingh, uitvoerende direkteur: ingenieursdienste, van Drakenstein-munisipaliteit het gesê die munisipaliteit sal slegs na afloop van die reënseisoen ’n besluit neem oor ’n moontlike verlaging in waterbeperkings en ’n gepaardgaande verlaging in watertariewe, en sal dít in samewerking met ander Wes-Kaapse rolspelers doen.

Hattingh het gesê dat Drakenstein se waterverbruik daagliks gemonitor word en hulle kan daarvolgens sien dat talle lede van die gemeenskap ’n daadwerklike pogings aanwend om water te bespaar.

“Daarvoor bedank ons die gemeenskap vir hulle volgehoue pogings om elke druppel te laat saakmaak.”

Maar hoewel die gebied tans goeie winterreënval beleef, hoe lyk die pad vorentoe?

“Ons kort nog baie reën om die damme weer op ’n gemiddelde vlak van 85% te kry. Tans is die gemiddelde stand van al die damme 42,7%.

“Op die oomblik ervaar ons baie goeie reënval en word die hoop uitgespreek dat dit só sal volhou. Die vooruitskatting was dat dit minstens twee reënseisoene sou neem om die damme weer op ’n gemiddelde vlak van 85% te kry.”

Dus word die publiek gemaan om aan te hou met waterbesparings waar ook al moontlik.

“Ongelukkig is die droogte ’n werklikheid waaraan ons in Suid-Afrika gewoond sal moet raak.

“Ons moet dus eerder praat van ’n ‘nuwe normaal’. Selfs met die goeie winterreëns, moet ons steeds water bespaar en, indien moontlik, reënwater opvang sodat ons genoeg water in die somer het.”
. Although dam levels have risen significantly due to good winter rains, the public is still urged to conserve water at all times.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.