Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gouda liggies-fees verloor sy sprankel

Die opwinding was vanjaar groot in Gouda met die vooruitsig van die Liggiefees in die byna vergete dorp in die Drakenstein, maar die teleurstelling wat hierop gevolg het, was nog groter.

Inwoners het Saterdag (14 Desember) vroeg reeds begin saamdrom om die liggieskouspel te geniet nadat die Drakenstein-munisipaliteit besluit het om hierdie feesvieringe ook met Gouda te deel. Die tafel was gedek vir ’n feestelike aand, maar op die nippertjie moes die fees afgelas word omdat die verhoog wat hiervoor opgerig is, weens die reën skielik ’n gevaar ingehou het.

Lauren Waring, direkteur vir beplanning en ontwikkeling van die munisipaliteit, het gesê die opelug-verhoog wat vir die Gouda-liggiefees gebruik sou word, is voor die fees deur die munisipaliteit se rampbestuurspan geïnspekteer en goedgekeur. Dié verhoog is veilig verklaar en alle nodige prosedures is gevolg.

Maar, sê Waring, toe die reën egter Saterdag uitsak, het die verantwoordelike amptenare en fees-organiseerders hul besorgdheid oor die veiligheid van die kunstenaars uitgespreek – dat hulle moontlik op die verhoog kon gly en seerkry.

“Dit is die munisipale rampbestuurspan se taak om ’n finale besluit te neem of ’n gebeurtenis kan voortgaan of nie, en of dit mense se lewe in gevaar sou plaas. Aangesien die reën en ’n gladde oppervlakte ’n potensieel gevaarlike situasie vir die deelnemende kunstenaars kon skep, is besluit om die fees eerder af te las. Die verhoog en die ander infrastruktuur was egter veilig.”

Die munisipaliteit het die liggies wel aangeskakel, maar besluit dat dit weens die reën te riskant sou wees vir die kunstenaars om op ’n opelug-verhoog op te tree.• Saturday’s sudden downpour prevented the Gouda Festival of Lights from taking place because of safety issues for the on-stage performers.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.