Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Groot bedrag geld gesteel

Twee verdagtes is steeds op vrye voet nadat hulle ’n vrou van Wellington van ’n groot hoeveelheid geld beroof het.

Die vrou, wat vir ’n drankwinkel in Wellington se hoofstraat werk, wou Maandag die naweek se inkomste na die bank neem. Sy het voor die drankwinkel in haar motor geklim en voor sy die motor kon aanskakel, is sy deur twee mans oorval

Hulle het haar uit die motor gedwing en het in haar motor, met die geld, weggery.

Die polisie het later die oggend die slagoffer se verlate motor opgespoor met geen spoor van die verdagtes of die geld nie.

Forensiese deskundiges is na die toneel ontbied om die motor te fynkam vir leidrade wat hulle op die spoor van die verdagtes kan plaas.

Volgens kapt. Basil Seekoei, Wellington-polisiewoordvoerder, het die voorval 7 Mei omstreeks 08:15 in Joubertstraat plaasgevind.

“Na bewering was die vroulike slagoffer op pad na die bank.

“Verder beweer die slagoffer die verdagtes het haar agtervolg en uit haar voertuig gedwing. Daarna het hulle met haar voertuig weggery.”

Die twee verdagtes het met meer as R100 000 kontant gevlug.

Enigiemand met verdere inligting by die polisiekantoor by 021 864 8440 bel. Alle inligting word vertroulik hanteer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.