Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Groot onmin oor skade aan parkie

Inwoners van Wellington is behoorlik die joos in nadat ’n bekende hardewarewinkel ’n geliefde parkie so te sê verrinneweer het.

Build It in Kerkstraat, Wellington, het onlangs die munisipaliteit wel om vergunning gevra om die rand van die parkie in Rossiterstraat te gebruik om bourommel van werk wat tans aan die winkel gedoen word om dit te vergroot, te stort.

Maar toe inwoners hul oë uitvee, het dit gelyk asof die parkie vir nywerheidsdoeleindes herontwikkel word.

Werknemers van Wellington Build It het die parkie begin voorberei vir die bou van ’n tydelike stoor.

Die speeltoerusting in die parkie is “uitgeruk” en ’n stootskraper het die terrein begin platstoot.

Maar wat inwoners toe behoorlik die josie in gemaak het, was toe Build It die pragtige ou koeltebome

stuk-stuk afgesaag het.

stuk-stuk afgesaag het.

Inwoners van die gebied kon hul oë nie glo dat die munisipaliteit toestemming sou verleen vir die vernietiging van hierdie pragtige openbare parkie nie en die telefoonoproepe hieroor het na die Drakenstein-munisipaliteit begin instroom.

Die eienaar van Build It Wellington, Liaquet Ahmed, hou egter vol dat hy die korrekte prosedure hiervoor gevolg het. Hy het gesê hy het die munisipaliteit reeds in 2016 genader met ’n versoek om die park vir vier maande te gebruik terwyl hulle die bestaande winkel op erf 9173 moderniseer.

Ahmed sê hierdie versoek is deur die munisipaliteit goedgekeur onder die voorwaarde dat die parkie daarna op Build It se eie koste gerehabiliteer sal word. Hy sê ook hulle moes die bure in die omliggende omgewing hieroor nader en ook hul toestemming vra, wat hulle gedoen het.

“Ons is nou gereed om met die opknapping te begin, en om dit te doen, moet ons die boumateriaal wat tans op erf 9173 gestoor word, skuif. Ons moet egter die terrein voorberei deur die oppervlak te verhard sodat ’n vurkhyser daarop kan beweeg. Dit beteken dat die sagte grond verwyder en met nuwe materiaal vervang moet word.

“Dit is wat tans plaasvind, en sommige [mense is onder die] verkeerde... indruk dat ons dit sonder die nodige toestemming gedoen het. Ons het [deur] al die korrekte kanale gegaan en het korrespondensie in ons besit om dit te bewys.”

Ernest Saayman van die Drakenstein-munisipaliteit het bevestig dat Wellington Build It in 2016 aansoek gedoen het vir die tydelike gebruik van ’n gedeelte van die genoemde park vir die modernisering van hul gebou.

As deel van dié toegewing is voorwaardes vir openbare konsultasie aan die omliggende eiendomme voorgelê, wat eers in September 2018 gefinaliseer is. Hierdie was ’n vereiste voordat hulle dié park as tydelike stoorplek van hul boumateriaal kon gebruik.

Hy het bygevoeg dat Build It dus die vergunningstydperk van vier maande tot Oktober 2018 benut het, waarna alle skade gerehabiliteer en die speelapparaat wat verwyder is, teruggeplaas sal word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.