Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Herrie oor klubhuis gesloop word

Die historiese tennisbaan-klubhuis in Parkstraat, Wellington, is onlangs gesloop nadat verskeie hoë munisipale amptenare die “probleemgebou” geïnspekteer het.

Hierdie gebou is vir ’n lang tydperk reeds verlate en het veral in die inperkingstyd ’n brandpunt van misdaad in die gemeenskap geword.

Die uitvoerende burgemeester, Conrad Poole, uitvoerende bestuurder van gemeenskapsdienste, Gerald Esau, wyksraadslede Lorraine Cyster, Laurichia van Niekerk en Ewie Gouws het ná hul besoek op 9 September besluit om die gebou, wat reeds meer as 60 jaar bestaan, plat te slaan.

Jerry Seale, voorsitter van die Wellington-sportforum, was woedend toe Paarl Post hom oor dié besluit kontak. Hy voer aan dat nóg hulle nóg die gemeenskap by die besluit betrek is.

“Ons is glad nie geken nie. In daardie straat en omliggende deel is niemand in kennis gestel nie. Dit is ’n absolute skande, want om te dink daardie tennisbaan is ’n erfenis-gebou vir ons as gemeenskap. Die tennisklub bestaan nog, daar is nog lede, maar is nie meer in klubvorm nie aangesien die Drakenstein-munisipaliteit nie aandag skenk aan versoeke wat reeds vier jaar gelede aan hulle gerig is om die plek op te knap nie.”

Seale gaan voort: “Ons het besluit ons gaan met ’n meer aggressiewe houding die munisipaliteit benader. Hulle dink absoluut niks van Wellington nie. Ons sportgeriewe in die bruin gemeenskap is in ’n haglike toestand.”

Nico Mettler, die voormalige opsigter van die tennisbaan, het ook sy kommer oor die sloping uitgespreek.

“Die binnekant van die gebou is gevandaliseer en was ’n plek vir dwelmgebruikers, maar pogings om deur verskillende organisasies die gebou op te knap, het op dowe ore geval. Die gemeenskap moes self oor die jare met die onwettige besetters afreken om die stukkie ‘goud’ op te pas. Die munisipaliteit het toegelaat dat die ‘monster’ sy verloop neem en om van die ‘monster’ ontslae te raak, was sloping hul uitweg,” sê Mettler.

George Esau van die munisipaliteit het gesê hulle is deur die Wellington-sportforum genader oor die toestand van die klubhuis en by ondersoek was dit duidelik dat sloping die gepaste oplossing sou wees weens die verskeie voorvalle van misdaad, dwelmhandel, dwelmmisbruik asook vandalisme daar.

Hy het gesê die situasie daar was ook nadelig vir die aangrensende huiseienaars.

“Die munisipaliteit probeer deurgaans om sover moontlik die munisipale geriewe in stand te hou en op te gradeer waar nodig, maar dit gaan hand aan hand met die beskikbare geld. Voortdurende vandalisme en die geldelike impak daarvan het dit uitdagend gemaak vir ons om sportgeriewe in stand te hou. ’n Verdere terugslag is die gebrek aan die neem van eienaarskap en die aanmelding van vandalisme en diefstal deur die gemeenskap by die munisipaliteit.

“Die munisipaliteit belê jaarliks geld uit sy kapitale begroting in alle gemeenskappe en tref geen onderskeid waar geld belê moet word nie. Die munisipaliteit werk saam met die sportgemeenskap en kyk ook na prioriteite wat gelys word ná konsultasie met die gemeenskap gedurende ons geïntegreerde ontwikkelings­plan se openbaredeelname­proses.”

Esau het bygevoeg die munisipaliteit het byvoorbeeld reeds sportgeriewe by die Dal Josafat-stadion, en die Pelikaan-, De Kraal- en Newton-sportterreine opgeknap. Tans is hulle besig met die verbetering van die Drakenstein- en Mbekweni-swembaddens.”. The historic tennis court clubhouse in Park Street, Wellington, was recently demolished after several high-ranking municipal officials inspected the “problem building”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.