Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hoenderplaas aangekla

’n Klagte is by die polisie ingedien nadat die departement van omgewingsake ’n ondersoek by ’n hoenderplaas in Klein Drakenstein van stapel gestuur het.

Dit volg nadat inwoners langer as tien jaar ’n stryd met ’n vlieëplaag voer wat grotendeels aan die hoenderplaas toe te skryf is. Inwoners van dié gebied is keelvol vir die vlieë wat dag ná dag op hulle sit en selfs toeriste weghou.

’n Gesondheidsinspekteur van die departement van omgewingsake het op die klagtes gereageer en die plaas in April 2016 besoek. Volgens die polisie het die inspekteur afgekom op afval wat twee meter diep geberg is en die vlieg­besmetting veroorsaak het.

Vanjaar het die plaag glo handuit geruk en ’n buurplaaseienaar het die hokke self besoek. Die inwoner het gesien die hokke is verouderd en moes nooit in so ’n dig bevolkte gebied gebou wees nie. “Die hokke is nat en die hoendermis loop uit. Ongeveer 30 000 hoenders is in een hok en die mis word net een keer per jaar verwyder,” vertel die inwoner, wat anoniem wil bly.

Verdere drama het gevolg toe die gesondheidsinspekteur Maandag 3 Junie weer daar was om ondersoek in te stel en agtergekom het dat die besmetting nog op dieselfde plek ophoop.

Rosendal-hoenderplaas, wat al 41 jaar bestaan, het ook nie aan die vereistes van die Kaapse Wynland-distriks­munisipaliteit (KWDM) se gesondheidsdienste voldoen nie. Die KWDM het ’n nakomingskennisgewing aan die eienaar en bestuurder van die hoenderplaas gegee waarin die vereistes uitgestippel is, maar Rosendal het na bewering nie daarby gehou nie.

Kapt. Louise du Plessis, ’n woordvoerder van die Paarl-polisie, het bevestig die klagte word ondersoek.

“Die departement van omgewingsake het Vrydag 5 Julie ’n amptelike klag by die Paarl-polisie aanhangig gemaak. Die saak sal deur die departement van omgewingsake ondersoek en voor die hof gebring word.”• The department of environmental affairs laid a charge at the Paarl police station against the owners of a chicken farm regarding a fly plague.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.