Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hoogste boom kry meeste wind

Een van Paarl Hoofstraat se grootste en oudste eikebome staan op die randjie van ’n afgrond.

Hierdie boom wat ’n boog oor Hoofstraat vorm, staan op De Hoop-plaas naby die aansluiting van die Bergrivier Boulevard in Suider-Paarl. Inwoners en motoriste het reeds maande gelede opgelet dat die boom nooit ontwaak het uit sy winterslaap nie en is inderdaad nou morsdood.

Die eienaars van die grond waarop die boom staan, die Clift’s, is heeltemal bewus van die gevaar wat die boom vir die publiek inhou en het reeds planne gemaak om die boom, ook teen ’n geweldige onkoste, te laat verwyder.

“Die publiek se veiligheid kom eerste en ons wil die boom so gou as moontlik afsaag,” sê William Clift.

Dit is heelwat makliker gesê as gedaan, want volgens munisipale wetgewing is daar ellelange prosedures wat gevolg moet word voordat toestemming hiervoor verleen word.

Gerald Esau, direkteur van gemeenskapsdienste by die Drakenstein-munisipaliteit, het egter gesê dat dit van kardinale belang is dat die applikant eers ’n proses volg om aansoek te doen omdat die risiko vir ’n regsgeding groot is vir die applikant sowel as die munisipaliteit sou die wetlike administratiewe proses nie gevolg word nie en iemand beseer word of eiendom beskadig word.

Die munisipaliteit het intussen wel toestemming verleen dat die boom se takke uitgedun en droë takke verwyder kan word om die risiko vir almal te verminder.

“Die volgende stap vir die applikant is om die tersaaklike aansoek in te dien. Die munisipaliteit sal die nodige hulp aan die applikant of sy verteen­woordiger verleen waar prakties moontlik – binne die raamwerk van bestaande wetgewing sodat die boom verwyder kan word.”. In 2005 is ’n man byna dood toe ’n groot tak van ’n eikeboom in Hoofstraat op sy motor geval het en vir hom daarin vasgepen het.. One of Paarl’s largest and oldest oak trees along the historical Main Road has died and is posing a huge threat to the public. While the owner of the land where the tree stands is responsible for felling of the tree and has indeed put everything in place for this to happen, there is still a lengthy process to apply for a permit from the municipality.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.