Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hoogswanger vrou oorleef botsing

’n Swanger vrou was stom­geslaan toe sy sien hoe ’n voertuig op haar motor afpeil nadat ’n pa van 65 jaar ver­moe­delik ’n hartaanval agter die stuur van sy bakkie gehad en gesterf het.

Die voorval waarin Wessel Beukes (65), beter bekend as Wikus, Donderdag 30 Augustus kort voor 17:00 gesterf het, het in die Bergrivier-boulevard naby die dierehospitaal in die Paarl plaasgevind.

Volgens Annika Viljoen (27), wat 39 weke swanger is, het sy groot geskrik.

“Ek het in die rigting van Hoofstraat in die boulevard gery. Toe ek weer sien, het die bestuurder van die bakkie wat in die teenoorgestelde rigting gery het skielik oor die middelmannetjie gery en reguit op my motor afgepeil. Ek kon nie werklik die persoon agter die stuurwiel sien nie. Ek het probeer uitswenk, maar dit was tevergeefs en hy het in my deur vasgery.”

Met die slag het Viljoen dadelik by die passasierskant van haar motor uitgespring en gevoel of haar ongebore baba nog lewe.

“ ’n Verbyganger het gestop om te help. Die enjin van die oom se bakkie het steeds geluier en die verbyganger het dit af­ge­ska­kel. Die oom was reeds dood,” vertel Viljoen.

Die Paarl-polisie en nood­dienste is na die toneel ontbied. Viljoen is met ’n private motor na Mediclinic Stellenbosch vir observasie geneem.

“Gelukkig is alles reg ná die ongeluk en as alles verder goed verloop, sal my eersteling Vry­dag 7 September gebore word,” sê Viljoen.

Riaan Beukes, Wessel se enig­ste kind, het op sy beurt gesê hy gaan sy pa baie mis, maar is dankbaar vir die wonderlike rol wat hy in sy lewe kon speel. “Vir 37 jaar lank het hy my gehelp en nou kan hy gaan rus,” sê Riaan.

Wessel se begrafnisdiens vind Donderdag 6 September om 14:00 in die NG Toringkerk plaas.

Die Paarl-polisie ondersoek tans ’n klag van strafbare manslag.
. An elderly man suspected of having a heart attack behind his steering wheel drove into a 38-week pregnant woman’s vehicle. The man died behind the steering wheel and the woman will probably give birth to her firstborn by Friday.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.