Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hy krap waar dit nie jeuk

Die Drakenstein-munisi­paliteit het ’n strafregtelike klag teen ’n lid van die publiek by die polisie aanhangig gemaak nadat die man na bewering lasterlike aantygings op sosiale media geplaas het.

Die omstrede “pastoor, sakeman en politikus”, Marthinus Gouws, het onlangs stellings op Facebook geplaas wat Drakenstein se munisipale bestuurder by ’n “seksskan­daal” betrek.

Seraj Johaar, ’n woord­voerder vir die munisipaliteit, het gesê ná ’n ontmoeting tussen die burgemeester, Conrad Poole, en Gouws is ’n onafhanklike regsfirma aangestel om die bewerings te ondersoek.

“Die bevinding was dat geen getuienis of bewyse ter stawing van dié bewerings bestaan nie,” het Johaar gesê.

“Gouws was ook nie in staat om enige ondersteu­nende dokumente, getuies of getuienis ter ondersteuning van sy bewerings aan die ondersoeker te voorsien nie. Die munisipale raad het die aangeleentheid Donderdag 22 Augustus oorweeg en ook bevind dat geen gronde vir die bewerings bestaan nie en dit eenparig verwerp.”

Johaar het gesê nadat Gouws deur die munisi­paliteit se proku­reurs gemaan is, het hy die onwaar en lasterlike sosiale­media­boodskappe wat hy publiseer het, verwyder en Vrydag 30 Augustus ’n skrywe aan die munisipaliteit gerig waarin hy aangedui het dat hy die saak as afgehan­del beskou.

Gouws is ook versoek om ’n openbare verskoning op sosiale media te plaas, wat hy vandeesweek eers wel gedoen het, en die munisipaliteit oorweeg sy regsopsies onderhewig aan Gouws se verdere optrede.

“Teen die agtergrond dat die bewerings totaal onwaar, ongegrond en lasterlik is en dit ná ’n onafhanklike ondersoek deur die volle raad eenparig verwerp is, asook die feit dat Gouws sy sosialemedia­boodskappe verwyder het, is die munisipaliteit van mening dat enige publikasie van hierdie bewerings in die media onvanpas en lasterlik sou wees.” Gouws het al van te vore met die gereg gebots toe hy hom as ’n regsgeleerde voorgedoen het. Hy is op aanklagte hiervan skuldig bevind, maar het tronkstraf vrygespring.

Hy is verder ook ’n selfaangestelde “pastoor” en kon deur die jare net nie uit die kollig bly nie.

In 2010 is ’n saak van bedrog teen hom aanhangig gemaak nadat hy na bewering drank vir sy kerk, Africa Evangelistic Foundation Ministries, gekoop en met ’n ongeldige tjek daarvoor betaal het.

In 2005 is ’n saak van verkragting deur ’n tienermeisie teen Gouws aanhangig gemaak ná ’n voorval in die welsynkantoor in die Paarl. Albei hierdie sake is egter later teruggetrek.

Die gemeenskap van Paarl-Oos het in 2007 gewys hoe moeg hulle vir Gouws se manewales was deurdat ’n mosie van wantroue by die GPF in Paarl-Oos by wyse van ’n petisie ingedien is, waarna Gouws uiteindelik uit die forum geskop is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.