Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Inwoner reik uit na vroue met kanker

Vir die afgelope agt jaar verwelkom Edna Pick vroue met borskanker en dié wat kanker oorwin het in haar huis in New Orleans.

Pick vertel dat sy agt jaar gelede besluit het om iets vir die gemeenskap te doen en wou graag vroue wat borskanker het of dié wat borskanker oorwin het, onthaal en vir hulle die geleentheid gee om hul ervarings met mekaar en ander te deel.

“Vir die eerste ses jaar het ek ses vroue genooi. Verlede jaar was ons tien vroue en vanjaar 12.”

Die vroue kom by Pick se huis vir ’n heerlike ontbyt bymekaar en deel dan hul unieke ervaring oor dié siekte voor hulle na hul volgende bederf vertrek.

Sy vertel dat Willy’s & Gallico die vroue met ’n limousine na die volgende plek vervoer waar hulle die dag dan saam deurbring.

Sedert verlede jaar het Kings Catering en Rhebokskloof-landgoed deel geword van dié bederf.

Kings Catering het vir die vroue ontbyt gemaak en ná die heerlike samesyn is hulle na Rhebokskloof vir ’n middagtee.

Pick het ook vir elke vrou ’n geskenk­sak gegee.

“Uit die stories wat gedeel is, het ek geleer dat elke vrou se ervaring met borskanker anders is. Elke vrou het op ’n ander manier ontdek dat hulle borskan­ker het en elke vrou se behandeling was anders.”

Sy vertel dat die vroue glo daar is hoop nadat borskanker by jou gediagnoseer is. “Borskanker vra nie jou ouderdom nie, dit vra nie jou status of wie jy is nie. Die verantwoordelik­heid lê by ons om na onsself te kyk.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.