Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Inwoner skiet op bakkie

BETTYSBAAI – ’n Inwoner van Bettysbaai het die afgelope Sondag kort voor 17:00 skote op ’n bakkie afgevuur wat glo stropers in Crassula-singel afgelaai het.

Brig. Donovan Heilbron, bevelvoerder van die polisie in die Overberg-distrik, het dié voorval bevestig.

“Die man het met sy haelgeweer skote op ’n bakkie afgevuur en hy is kort ná die voorval in hegtenis geneem. Daar is ook ná die voorval op sy haelgeweer beslag gelê,” sê Heilbron.

Niemand is in die voorval beseer nie.

Jacques Oosthuizen, voorsitter van die Hangklip- en Kleinmond-gemeenskapspolisiëringsforum, het bevestig die verdagte het in die Caledon-hof verskyn en is Dinsdag vrygelaat.

“Die saak is vir verdere ondersoek uitgestel, maar ons wag nog op die hofrol vir die nuwe datum,” sê Oosthuizen.

Fanie Krige, ’n plaaslike raadslid in die streek, sê die omgewing het al ’n geruime tyd probleme met stropers. “As die stropers nie direkte toegang tot die strande kry nie, vat hulle ’n ander pad, soms deur mense se erf. By tye kan daar maklik tot en met 50 stropers in die water wees. Ek verstaan sekere van die inwoners se frustrasies oor stropers,” sê Krige.

Hy verduidelik verder Bettysbaai is die geskikte plek vir stropers en dis hoekom ’n mens hulle gereeld in die water sien.

“Die Overstrand-munisipaliteit beplan om in die toekoms sy mag te versterk om betrokke te wees by bekamping van die stropery. Maar dit gaan moeilik wees om stropers onder beheer te kry,” sê Krige.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.