Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Inwoners vrees plakkerskamp

Inwoners van die Paarl vrees dat die oop stuk grond oorkant die Paarl-polisiekantoor binnekort in ’n plakkerskamp kan ontaard.

Die stuk grond het die afgelope jare al gewilder as slaapplek onder haweloses geword.

Die probleem word egter groter – daagliks vermeerder die aantal mense wat hier kom slaap en hul “bagasie” en “beddens” word heeldag hier geberg.

Die stegie langs die substasie word op die oog af deur die haweloses as toilet gebruik en is vieslik vuil met ontlasting wat oral te sien is.

Besorgde inwoners het aan Paarl Post vertel dat hulle die munisipaliteit herhaaldelik maan om hierdie enorme probleem te pak, maar steeds word niks hieraan gedoen nie.

Hierdie klagtes word dan na die polisie verwys, wat op hul beurt die probleem na die munisipaliteit en wetstoepassers verwys, en dan word die siklus weer herhaal.

Kommer word ook uitgespreek dat hierdie groot aantal haweloses op die drumpel van ’n laerskool woon en ’n gevaar vir leerders kan inhou.

Inwoners van die nabygeleë gebied wat as die “Lane” bekend staan, sê inbrake in die gebied het vermeerder sedert die haweloseprobleem hier ontstaan het.

Dikwels maak die bewoners van die stuk grond hulle ook skuldig aan ’n geraas, gevloek en geskel tot in die middernagtelike ure.

Inwoners vind dit onaanvaarbaar dat die SAPD nie net die onwettige besetting van die oop stuk grond oorkant die polisiekantoor ooglopend toelaat nie, maar dat hulle ook net toekyk hoe die sypaadjie langs die Bergrivier Boulevard en letterlik die voorstoep van die polisiekantoor as tuiste deur haweloses gebruik word.

By navraag oor hierdie knellende kwessie het Gerald Esau, woordvoerder van die Drakenstein-munisipaliteit, gesê die munisipaliteit het reeds spesifieke munisipale wetstoepassingsbeamptes aangewys om die mense wat hier slaap op ’n daaglikse grondslag te versoek om die gebied te verlaat – iets wat hulle elke dag klokslag doen.

“Die probleem ontstaan egter in die aande wanneer die mense terugkeer en wanneer die munisipale beamptes reeds van diens af is,” het Esau gesê.

“Die Suid-Afrikaanse Polisiediens is egter 24 uur per dag aan diens.

“Die munisipaliteit se wetstoepassingsafdeling sal voortgaan om hierdie mense elke dag te versoek om die gebied te verlaat. Die daarstelling van ’n veilige hawe of skuiling behoort ’n meer permanente oplossing te bied.”. Residents fear that the open piece of land opposite the Paarl police station will soon become a squatter camp if proper precautions are not taken soon.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.