Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Jag jy? Vra gou jou wapenpermit vir uitvoer

Die jagseisoen is hier en talle jagters is nog besig om voorbereidings hiervoor te tref.

Jagters wat beoog om vuurwapens hiervoor uit die land na byvoorbeeld buurlande soos Namibië en Zimbabwe te neem, word egter gewaarsku om so gou as moontlik by die polisiekantoor aansoek vir hul vuurwapen-uitvoerpermitte te doen.

Hierdie aansoeke is voorheen verwerk deur personeel van die spesifieke polisiekantore waar die aansoeke ingedien is, en het slegs vyf tot tien werksdae geneem. Nou word hierdie uitvoerpermitte deur die nasionale kantoor in Pretoria verwerk en kan dit tot twee maande duur vir goedkeuring nadat die aansoek ingedien is.

Maak ook seker dat jou vuurwapenlisensie sowel as jou bevoegdheidsertifikaat op datum is hiervoor.

Vir enige verdere navrae hieroor, skakel die vuurwapen-lisensiëringkantoor by jou naaste polisiekantoor.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.