Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Jong pa doodgesteek

’n Wellingtonner is verlede naweek in die vroeë oggendure van Saterdag (29 Junie) doodgesteek ná ’n beweerde stryery met ’n man van Delft, Kaapstad.

Volgens bronne het die voorval omstreeks 01:30 by Club 101, by die ou Commercial-hotel, gebeur. Die slagoffer, Roaldo Luranch Whittles, was ’n jong pa van Wellington en was glo ook ’n lid van die Suid-Afrikaanse polisiediens.

Whittles en ’n vriend het na bewering klub toe gegaan om pool te gaan speel toe die stryery tussen hom en die onbekende man van Kaapstad uitgebreek het. Dit is onbekend waaroor die woordewisseling gegaan het. Hy is ná die aanval na ’n hospitaal in Wellington geneem en is later na Tygerberg-hospitaal oorgeplaas.

Medelye het van menige vriende en kennisse op sosiale media ingestroom toe die nuus van sy afsterwe geplaas is. • Wes-Kaapse polisiewoordvoerders het teen druktyd nog nie Paarl Post se navrae oor die moord beantwoord nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.