Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Josh se ouers wil die ‘waarheid’ weet

Josh Pharaoh (9) se ouers wag steeds op die uitslae van sy doodsondersoek ná hy ’n ernstige besering tydens ’n weermag-tentoonstelling in ’n pantservoertuig in Oudtshoorn opgedoen het.

Dié gr. 4-leerder van Laerskool Noord-Eind in die Paarl is in die Life Bay View-hospitaal in Mosselbaai opgeneem en het twee dae later in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Die weermag beweer dat Josh Vrydag by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) by ’n opening van ’n pantservoertuig in geval en sódoende ernstige kopbeserings opgedoen het, maar die Paarlietjie se familie sê dat die besonderhede oor hoe hy die beserings gekry het nog onduidelik is.

“Ons wil net afsluiting hê oor wat gebeur het en ons wil die waarheid weet,” het Nicole Cedras, Josh se ma vertel. Sy wou nie verder uitwei nie omrede die polisieondersoek nog nie afgehandel is nie.

Josh was met sy oupa en ouma met vakansie toe die voorval plaasgevind het. Hy was Nicole en haar man, Ryno, wat saam in Paarl-Oos woon, se enigste kind gewees.

Volgens Nicole was Josh ’n “sonskynkind” wat altyd gelag het en met enige persoon oor die weg kon kom. Sy sê sy het ’n kind groot gemaak wat almal se kind was omdat hy diep in die harte van familie en vriende ingekruip het.

“Toe Josh gesterf het, het mense nie gevra, ‘hoe kon dit met júlle kind gebeur het nie, maar hoe kon dit met óns kind gebeur het,’” het Nicole oor haar vriende en familie se reaksie vertel.

Volgens Nicole het die familie ondersteuningsboodskappe van regoor die wêreld, insluitend Argentinië, ontvang, maar sy is die dankbaarste vir die gemeenskap van Paarl se ondersteuning.

Volgens ’n huldeblyk wat die Laerskool Noord-Eind se skoolhoof, André Verhoog, tydens die skool se gedenkdiens Dinsdagoggend in die skoolsaal voorgelees het, was Josh ’n positiewe en veelsydige kind.

“Hy was ’n voorbeeld vir baie van sy maats en het altyd tyd vir ’n grappie of ’n storie gehad.”

Verhoog het gesê dat Josh ’n slim seun was en in wiskunde uitgeblink het. Sy ma het dit beaam en het vertel dat hy ’n ingenieur wou word as hy eendag groot is. Sy het vertel dat haar seun gedurig met Lego-blokkies en prestick gebou het. “Hy het selfs een keer prestick vir sy verjaarsdag gevra.”

  • Josh se begrafnisdiens vind Saterdag om 10:00 in die Annunciation kerk in Rose Innestraat, Paarl-Oos plaas.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.