Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kaasfees een van die talle ‘slagoffers’ van die koronavirus

Die werklike impak van die streng voorwaardes van die noodtoestand wat Sondagaand deur president Cyril Ramaphosa aangekondig is, het vandeesweek stadig ontvou.

En ’n baie groot slagoffer hiervan is die vermaaklikheid­sektor met groot feeste wat afgestel is.

Dit was met skok dat een van die land se heel grootste kos- en wynfeeste, die Suid-Afrikaanse Kaasfees wat vanjaar in sy 19de jaar sou wees, noodgedwonge afgestel is.

Hierdie aankondiging volg kort op die hakke van talle ander skokkansellasies, dié keer een van die wêreld se voorste bergfietswedrenne, die Cape Epic.

’n Paar van die ander geleenthede wat afgestel is weens die koronavirus, is:• Die jaarlikse basaar van Pniël Congregational kerk wat op 28 Maart gehou sou word, is vir eers uitgestel tot verdere kennisgewing.• Die sterrekykpiekniek van die Afrikaanse Taalmonument vir 21 Maart.• Een van die land se grootste padwedlope, die Twee Oseane-marathon, wat oor die Paasnaweek sou plaasvind.• Black Elephant Vintners, ’n oesfees van musiek, voedsel en wyn in Franschhoek op 28 Maart. • Die bekende Boland Summer Festival wat die afgelope 20 jaar op die Dal Josafat-stadion plaasvind.• Die Cape Town Jazz Festival asook die immergewilde KKNK in Oudtshoorn is ook gekanselleer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.