SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Nuus
Kansa hou pretloop vir geldinsameling

Cansa Relay for Life Paarl nooi die gemeenskap – oud en jonk – om Saterdag 30 November aan hul jaarlikse pretloop deel te neem.

Vanjaar sal dit die eerste keer wees dat ’n pretloop gehou word om geld in te samel en ook om bewusmaking te skep vir die aanloop na die Cansa Relay for Life-deurnagstaptog wat in 2020 aan die beurt kom.

Die pretloop begin 08:00 reg voor die Klein Nederburg Sekondêre Skool (KNSS). Deelnemers word gevra om vir registrasiedoeleindes van 07:00 af aan te meld.

Die inskrywingsgeld beloop R20 vir volwassenes en R10 vir kinders.

Alle besoekers moet ook R20 betaal om die pretloop by te woon.

Ná die pretloop sal vermaak op die sportveld van die skool aangebied word. Kunstenaars soos Deoneshia Kilowan en Keenan von Willigh sal by die geleentheid optree.

Bel Garth Botha (mediabeampte) by 060 506 7785 of Naeem Cassiem by 076 287 4497 of Gerdolene Muller by 023 342 7058/065 958 3868 vir nog inligting. . Deelnemers word gevra om stap- en drafklere in helder kleure te dra om die verskillende kleure van kanker uit te beeld.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.