Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Keashan-Taye hardloop in bekende Wayde se skoene

Die atletieksensasie Keashan-Taye Pietersen het onlangs weer ’n verrassing van die Olimpiese atleet Wayde van Niekerk en sy borg Adidas gekry.

Dit blyk dat die skoene wat Wayde aan haar geskenk het sy doel gedien het toe sy Saterdag die 150 m, 100 m en verspring met ’n afstand van 4.69 m gewen het by Boland-sentraal se laerskoolkampioenskap.

Dié skenking van Wayde was net die inspirasie wat sy nodig gehad het om altyd haar beste te gee.

In ’n video-opname van die skool se o.12-aflosspan by dié kampioenskap by Dal Josafat-stadion kan daar gesien word hoe Keashan-Taye die stokkie laaste ontvang en soos ’n wafferse blits verby haar mede-atlete hardloop. Dit was een van die beste terugvegpogings vir Keashan-Taye en haar span.

“Ek het gevoel ek gaan verloor en het alles gegee,” vertel sy oor dié wedloop.

Die 12-jarige leerder van Wellington Primêr is ’n uitblinker in naellope en verspring asook ’n kranige netbalspeler.

Sy het Wayde laasjaar ontmoet by die première van 43.3Die Wayde van Niekerk Storie.

Dié dokumentêre fliek gaan oor die wêreldrekordtyd wat Wayde by die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro in 2016 opgestel het.

Dit is by dié geleentheid waar hy vir haar belowe het dat hy spykerskoene sal stuur en het enkele dae ná die tyd sy belofte gestand gedoen.

Hy het getekende spykerskoene aan haar gestuur en in Desember verlede jaar het hy weereens vir haar deur sosiale media belowe dat hy nog skoene sal skenk.

Keashan-Taye vertel haar ma het altyd vir haar gesê sy het gehardloop voordat sy geloop het.

In 2018 was sy die vinnigste atleet in die Wes-Kaap in haar ouderdomsgroep in die 80 m en 100 m en het tweede geëindig by die nasionale kampioenskap in verspring.

’n Onderwyser by die skool, Ellen Cavernelis, beskryf vir Keashan-Taye as ’n baie teruggetrokke jong meisie.

Dit is ook by Wellington Primêr waar sy geleer het hoe om haar lojaliteit, self-vertroue en selfbeeld te versterk en dié skool het haar toegelaat om te ontwikkel tot een van die beste sportpersoonlikhede.

“Sy laat nie toe om geïntimideer te word nie. Hierdie jaar het sy besluit sy gaan wen,” het Cavernelis trots gesê.

As Keashan-Taye nie op die atletiekbaan is nie, bring sy tyd deur agter haar skoolboeke. Die kosbare tyd saam met haar ma, Audrey, is ook vir haar goud werd.

“Ek het ’n wonderlike ma wat my altyd ondersteun en ek hoop om eendag alles wat sy vir my gedoen het terug aan haar te gee.”

Sy oefen elke dag saam met haar afrigter, Jacques Bothma, stigter van Believe Ministries. Hy is ’n bekende sportpersoonlikheid in die plaaslike atletiekkringe wat al talle ander jong atletiektalent in die dorp ontwikkel het.

Oor die hardwerkende Keashan-Taye sê hy: “In die twee jaar het sy baie verbeter. Sy is ’n baie nederige en ’n skaam mens en praat nie baie nie.”

*Local athletics sensation, Keashan-Taye Pietersen of Wellington made headlines when she received Adidas equipment sponsored by Olympian, Wayde van Niekerk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.