Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ken die nommer van jou sektorbestuurder

Die sektorbestuurders is die hartklop van die gemeenskap.

Inwoners in Paarl-Oos kan hul sektorbestuurders in hul woonbuurt bel as hulle enige vrae oor misdaad het.

Hulle kan ook die sektorbestuurder enige tyd van die dag kontak indien hulle die polisie bewus wil maak van enige misdaadverwante kwessies in hul omgewing of om misdade aan te meld.

Paarl Post het met die vier bekwame sektorbestuurders gesels oor hul visie wat hulle aan die publiek bekend wil maak.

. Sektor 1 se bestuurder is AO Charles van der Westhuizen wat reeds 27 jaar in die polisiediens is.

Hy is verantwoordelik om die Groenheuwel-, Fairyland-, Milky Town-, Hillside- en Greenhills-gebiede te bedien. Van der Westhuizen is passievol oor sy beroep en wil graag veranderings in die gemeenskap bring en sien.

Hy vra die gemeenskap om saam met hom hande te vat sodat misdaad oral bekamp kan word.

Inwoners in sy sektor kan hom by 079 894 1351 bel.

. Die sektor 2-bestuurder, AO Anthony Sauls, het 27 jaar diens in die polisie en is ’n bekende gesig in die gemeenskap. Sauls bedien die gebiede Chicago, New Orleans, Sonstraal, Hugenote en Klippiesdal.

Sy visie vir 2019 is vir samewerking met die gemeenskap om sodoende saam misdaad te bekamp – die gemeenskap is immers die oë en ore van die polisie.

“Die grootste probleem in ons gemeenskap is drank en dwelms. Dit lei tot misdaad asook gesinsgeweld.

“Ons het almal se hulp nodig om dit te bekamp en die onwettige smokkelaars ook vas te vat,” sê Sauls.

Hy vra ook dat die gemeenskap die maandelikse sektorvergaderings bywoon om hul insette te lewer.

Inwoners van Sauls se sektor kan hom gerus by 079 894 1411 bel.

. Sektor 3 bestaan uit Klein Nederburg, Lantana en New York.

Hierdie sektor val onder AO Gerhard Sampson, ook ’n ervare polisieman met 27 jaar diens.

Sampson sê hy wil in 2019 minder geweld in sy gebiede sien.

“Maar vir nou wil ek in die feestyd misdaad teen vroue en kinders bekamp.”

Enigiemand wat misdaad in sy gebied wil aanmeld, kan hom by 079 894 1412 bel.

. AO Wilfred Thomas, wat in sektor 4 in beheer is, is ook ’n polisieman in murg en been.

Thomas, wat voorheen by die Paarl-polisiekantoor asook by die lughawe as polisieman gewerk het, meen die gemeenskap is sy hartklop.

Hy bedien die gebiede Amstelhof, Langvlei en Bloomsbury en het veral die afgelope vier maande agtergekom wat van die probleme by laerskole is.

“Wat my werklik pla, is dat die meeste probleme by die laerskole plaasvind, waar kinders stout is en hulle dissipline asook hul respek vir die onderwysers verloor het,” verduidelik hy.

Verder wil hy sommer vroeg in 2019 ’n vergadering met die ouers, onderwysers asook die kinders belê.

Op die vraag wat hy vir die gemeenskap gaan doen, het hy as volg geantwoord: “Ek ry tussen die gebiede deur en wil mense daarvan bewus maak om met hul probleme oor misdaad vorendag te kom sodat ons dit saam kan bekamp.”

Thomas se sektorinwoners kan hom enige tyd by 082 522 2065 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.