Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kerkdienste vir Paasfeestyd

Paasfees is een van die hoogtepunte van Christene se kerkkalender.

Dit het weer tyd geword om die kruisiging en opstanding van Jesus Christus te herdenk.

Kerke in die vallei hou spesiale kerkdienste om Paasfees.

Die Bethel Congregational-gemeente in Paarl-Oos begin Goeie Vrydag 19 April om 07:45 sy Paasfees-kruisoptog van Magnolia (Rooiland) in Baugainvilleastraat na die kerk, waarna die diens 09:30 sal begin. Almal wat aan die optog gaan deelneem word gevra om ’n pers en swart kledingstuk te dra.

VGK Immanuel in Charleston Hill in Paarl-Oos se Paasfees-kruisoptog vind ook Vrydag 19 April 08:00 van Paarl-Oos Spar tot by die kerk plaas, waarna die erediens sal begin.

By die VGK Hugenote kerk wat in Klein Drakenstein geleë is, gaan die gemeente Vrydag 19 April 06:00 by die Magnolia-woonstelle op die Rooiland byeenkom. Die woord sal by dié byeenkoms verkondig word. Daarna sal die staptog deur die Endurance-blaasorkes begelei word tot by Harperstraat, waarna ’n kerkdiens gehou word.

Almal sal daarna na die kerk stap om die erediens wat 09:00 begin, by te woon.

Die VGK Bet-EL in Groenheuwel hou Vrydag 19 April 07:00 sy optog van die oop veld oorkant die kerk af. ’n Kerkdiens sal daar plaasvind, waarna die gemeente na die kerk sal stap. Die erediens begin 09:00 met die bediening van die nagmaal.

Verskeie kerke sal Sondag 21 April kerkdienste in begraafplase hou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.