Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kerkklok kan dalk net bedags lui

Paarliete is al amper gewoond aan die stilte omdat die Toringkerk se klok ná twee jaar nie soveel as ’n kraakgeluid mag maak nie.

Paarl Post het in Julie verlede jaar berig dat die klok binnekort dalk weer sal lui, maar verdere verwikkelinge het intussen opgeduik.

Die Drakenstein-munisipaliteit se woordvoerder, Riana Geldenhuys, het in Mei verlede jaar aan Paarl Post gesê die klok oorskry wel saans (tussen 22:00 en 06:00) die maksimum toegelate vlak van 47 dBA soos uiteengesit in die Wes-Kaapse geraasbeheerregulasie van 2013.

Dit volg nadat twee inwoners, wat in 2012 na die Paarl verhuis het, die Toringkerk met dagvaarding gedreig het. Hul huis is bykans reg langs die kerk in Pastorielaan geleë. Die paartjie was blykbaar verbaas toe die klok eendag uit die bloute begin lui nadat die klok jare lank stil was weens meganiese probleme. Hulle sê hulle moes selfs ’n maand lank by vriende intrek omdat die geluidsterkte hulle verhoed het om te slaap.

Die kerk moes ná die munisipaliteit se beslissing toe planne maak om die klank te demp. André Koegelenberg, gemeenteraadslid en hoof van vaste eiendom vir 20 jaar by die Toringkerk, sê die gemeenteraad ondersoek die moontlikheid om die klok nie saans te laat lui nie. Hy sê hulle wag vir kwotasies om die koste te bepaal en sê dit kan baie duur wees.

Koegelenberg verduidelik die klok se meganika is sowat 200 jaar oud en so ’n intervensie sal met die kabel wat die horlosie en die fisiese klok verbind te doen hê. Hy sê dit sal dan ’n elektriese intervensie op die kabel verg wat die klok se klepel (of hamer) sal beïnvloed. Hy sê die kerk vermy dit om die horlosie of die klok enigsins te verander weens die skaarsheid daarvan.

Koegelenberg sê egter geen besluite is nog geneem nie en die kerk wag vir al die opsies om voorgelê te word sodat ’n ingeligte besluit geneem kan word.

Gert van Schalkwyk, voorsitter van die Toringkerk se gemeenteraad, het gesê die raad is positief om die klok weer binne perke aan die gang te kry.

“Daar was vir seker groot openbare reaksie oor die klok wat stiller gemaak moes word,” het hy gesê.

Hy voeg by nog metings moet gedurende die dag en die aand gedoen word.

Talle gerugte het die ronde gedoen dat die professionele en geakkrediteerde diensverskaffer wat deur die munisipaliteit aangestel is om die klanklesing te doen, nie die korrekte afstande of tye in ag geneem het toe die lesings geneem is nie. • The future of the Toringkerk church bell in Paarl is still in the dark, or shall we rather say silence.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.