Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kinderkanker dié maand in internasionale kollig

Vandeesmaand word die kollig internasionaal op die bewusmaking van kinderkanker geplaas. Die organisasie Little Fighters Cancer Trust (LFCT), wat in die Paarl geleë is, maar landwyd werk, sal die hele September bewusmaking skep.

Die Little Fighters Cancer Trust streef daarna om sommige van die hartseer en probleme wat gesinne met kinders met kanker ondervind, te verlig.

LFCT bereik dit deur die voorsiening van holistiese ondersteuning van individue en deur te verseker dat gesinne en gemeenskappe ingesluit word. Elke kind met kanker en hul familielede word as individue behandel, want die organisasie verstaan en respekteer die uniekheid van elke situasie en behou individuele waardigheid en trots.

Die dienste wat LFCT aanbied, word in drie fokusareas verdeel, naamlik: hospitaalsaalondersteuning, individuele en gesinsondersteuning (sorgpakkette) en ook die bevordering van kinderkankerbewusmaking.

As jy dalk wonder oor die geel linte om die bome langs hoofpaaie – dit is bewustheidslinte (“Awareness Ribbons”). Bewustheidslinte vir kinderkanker se kleur is goud of geel.

Altesame 12 algemene kinderkankers is bekend, wat breinkanker, akute limfoblastiese leukemie, hepatoblastoom en neuroblastoom insluit.

Dit is baie belangrik dat almal weet wat die waarskuwingstekens van kinderkanker is. ’n Paar van die simptome sluit in herhalende of onverklaarbare koors, verlies aan eetlus, onophoudelike infeksies, witterige kleur agter die pupille en onverklaarbare knoppe op die kop, aan die nek of op die res van die liggaam.

LFCT het ’n winkel by sy kantoor waar goeie gehalte gebruikte klere, skoene, kombuisware, boeke, speelgoed en nog baie meer teen baie billike pryse verkoop word.

Die volle inkomste uit die winkel word gebruik om die begunstigdes te help.

Die Little Fighters Cancer Trust se kantoor en winkel is in dieselfde gebou by Kasteelstraat 15.

Loer gerus by hulle in, doen inkopies, gesels met hulle en vind uit wat hierdie klein organisasie alles doen om kinders met kanker en hul gesinne te help.

Die organisasie kan gekontak word by 021 870 1282/ 073 729 6155 of per epos by pm@littlefighters.org.za.

Besoek ook hul Facebook-blad by www.facebook.com/Little.Fighters.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.