Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Klaer emosioneel in hof

Die saak teen ’n musiekon­derwyser (62) van Noorder-Paarl wat tereg staan op aanklagte van kindermoles­tering en verkragting is Donderdag uitgestel nadat die klaer tydens kruisondervraging emosioneel geraak het.

Die slagoffer en sy familie is weereens deur lede van die gemeenskap ondersteun wat in groen hemde geklee was.

Die jong klaer het met geslote deure getuig. Wentzel is 19 Februarie 2017 in hegtenis geneem en het in November verlede jaar skuld ontken op al die aanklagte teen hom.

Hy word daarvan beskuldig dat hy ’n minderjarige seun, wat by hom musieklesse in sy huis in Noorder-Paarl geneem het, in Julie 2011 verkrag het.

Wentzel is ’n bekende musiekonder­wyser van die Paarl en sy leerders het gereeld aan plaaslike eisteddfods deelgeneem.

Ingevolge sy borgtogvoor­waardes mag hy nie meer ’n speelskool by sy huis bedryf of musieklesse aan leerders gee nie. Hy mag ook nie met staatsgetuies en die klaer in kontak kom nie. Hy mag geen kontak met kinders jonger as 16 jaar hê nie.

Hy mag wel kontak hê met sy eie kleinkinders wat jonger as 16 jaar is, maar net onder die toesig van ’n volwasse familielid.

Die saak is in die Paarl-streekhof tot 17 Augustus uitgestel.

. Enigiemand wat kan help met die ondersoek na Wentzel word gevra om 021 872 3546 te skakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.