Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Klappers se klap dié jaar deur verbod gesmoor

Die lawwe tydperk waarin klappers en vuurwerk links en regs geskiet word, kruip al hoe nader – veral met Guy Fawkes-dag om die draai.

Maar as dit van die Drakenstein-munisipaliteit afhang, gaan daar glad nie vuurwerk dié jaar wees nie.

Dít kom nadat die munisipaliteit vroeër vanjaar ’n verbod op die afvuur van vuurwerk binne die Drakenstein- munisipale gebied goedgekeur het, met die uitsondering van vooraf goedgekeurde geleenthede.

Dus sal die afvuur van vuurwerk voortaan nie in Drakenstein toegelaat word om Guy Fawkes-dag op 5 November te vier nie.

Gerald Esau van die munisipaliteit het egter gesê mense kry vuurwerk soos klappers deur dit op straat of by klein winkeltjies te koop.

“In Drakenstein is dit nie toelaatbaar om vuurwerk aan mense jonger as 16 te verkoop nie. Diegene jonger as 16 word ook nie toegelaat om vuurwerk in hul besit te hê nie.”

Esau het verder gesê die munisipaliteit se brandvoorkomingsafdeling – in samewerking met die polisie en die munisipaliteit se wetstoepassingsafdeling – doen deurlopend inspeksies, monitor die situasie en lê beslag op vuurwerk waar nodig.

“Ons en die polisie sal voortgaan om dit te doen, veral in hierdie tyd van die jaar, in die aanloop tot Guy Fawkes-dag.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.