Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kleuter in drein gevind

Hartseer oomblikke het vir die gesin en familie van ’n vierjarige seuntjie afgespeel toe sy lyk Dinsdagaand uit ’n drein verwyder moes word.

Volgens kapt. Basil Seekoei van Wellington-polisiekantoor is dié voorval Dinsdag (7 Augustus) aangemeld nadat die seuntjie, Dylon Bitterbos, 09:00 op die plaas Welvanpas in die Bovlei vermis geraak het.

Na bewering het Dylon en sy maatjie op die plaas naby ’n drein gespeel. Die drein is aan ’n onder­grondse watertenk gekoppel wat afval­water opgaar.

Dylon se maatjie het later aan die polisie vertel hy het gesien hoe Dylon oor die drein leun om water te skep toe hy in die drein val en dadelik onder die water verdwyn het.

Hy het geskrik en weggehardloop.

Dylon se ouers het later die dag agterdogtig geraak toe hy nie teen die middag by die huis opgedaag het nie,” vertel Seekoei.

Hulle het oral op die plaas na Dylon gesoek en toe hulle hom nie kon opspoor nie, het hulle hom by die Wellington-polisiekantoor as vermis aangemeld.

Intussen het Dylon se maatjie vertel wat gebeur het.

Dit is tóé dat die polisie en verskeie reddingswerkers om 19:00 na die toneel gehaas het.

Mense het tot laataand na Dylon gesoek en sy lyk is omstreeks 22:00 uit die tenk gehaal.

’n Lykskouing gaan gehou word om die oorsaak van sy dood te bepaal.

Die Wellington-polisie se geregtelike doodsondersoek duur nog voort.


. A four-year-old boy drowned after he fell into an underground water tank on a farm in the Bovlei in Wellington.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.