Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Klopse onderhandel weer

Die Wellingtonse klopsegroepe onderhandel tans om moontlik weer as een organisasie saam te werk nadat die klopse-kultuur ’n aantal jare gelede ná verskeie onderonsies in twee geskeur is.

Na aanleiding van briewe aan Paarl Post oor die klopse-gemeenskap van Wellington vir eenheid, is ’n informele gesprek onlangs gehou wat moontlik tot hierdie besluit kan lei.

Die doel van die vergadering was slegs om by die troepe self te hoor wat die rede is hoekom nog gesukkel word om een liggaam te vorm en hoe om die probleem op te los. Die vergadering is goed deur onderskeie troepe van albei unies – naamlik Drakenstein Coon Carnival Association (DCCA) en Wellington Minstrels – bygewoon.

Hierdie inisiatief is vroeg verlede maand deur drie geesdriftige lede van die Wellingtonse klopse – Willem Walters, voormalige voorsitter, Jovan-re Cupido en Fiona Adams – gereël.

Wat hierdie vergadering uniek gemaak het, is die feit dat troepe nie verplig was om dit by te woon nie aangesien dit onder nie een van die unies se vaandel/sambreel beroep is nie.

Die fasiliteerders het dit op die vergadering duidelik gemaak die doel is nie om ’n nuwe liggaam te begin nie.

Dit het ook op die vergadering aan die lig gekom dat eenheidsgesprekke wel al tussen die onderskeie besture van die DCCA en Wellington Minstrels gehou is, maar dit het meer oor persoonlike kwessies gegaan en nie oor wat die gemeenskap wil hê nie.

Die algemene gevoel is dat eenheid moontlik is, maar dat gekyk moet word na hoe die bal aan die rol gesit gaan word en die gevaar van ’n nuwe liggaam in die registrasie vir NPO-status vir finansiering.

Verskeie belangrike punte is op die vergadering uitgelig en sal op die opvolgvergadering bespreek word.

Die opvolgvergadering word Dinsdag 9 Julie 19:00 by St. Albans Primêr gehou en gemeenskapslede wat ’n positiewe bydrae wil lewer, word genooi om hul insette te kom lewer oor hoe eenheid in die Wellington-klopse bewerkstellig kan word.

Belangstellendes kan Willem Walters by 079 445 7183 of Jovan-re Cupido by 073 296 3575 vir nog inligting of ander navrae kontrak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.