Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Klubganger doodgery

Nóg ’n jong lewe is in die Paarl geëis.

Die 26-jarige Adiel Leeroy Robertson is Sondag 25 Janu­arie in die vroeë oggendure noodlottig deur ’n voertuig in Lady Greystraat getref.

Die polisiewoordvoerder kapt. Louise du Plessis sê Leeroy het omstreeks 04:00 uit die Peter Cellars-nagklub geloop toe hy deur ’n silwer BMW getref is. Die bestuurder was volgens haar op pad na Paarl-hospitaal toe die botsing gebeur het.

“Die bestuurder van die voertuig het die Paarl-polisie in kennis gestel,” het sy gesê.

Sy vriendin, Blanche Kermis, sê hy het aan Paulus Joubert Sekondêre Skool gematrikuleer. “Hy het ’n groot vriendekring gehad en was werklik ’n mensemens,” vertel sy. Blanche sê hy het ’n borrelende persoonlikheid gehad en “hy was definitief uitgesproke”. Sy sê hoewel hy nie self kinders gehad het nie was hy baie lief vir kinders. “Hy kon by enige situasie aanpas, hy was liefdevol en lus vir die lewe,” het Blanche gesê. Hy word oorleef deur sy pa, André Matthyse, en sy suster, Jenedean Robertson. Sy begrafnis sal Saterdag 9 Februarie om 10:00 by die Nuwe Apostoliese kerk Dalvale in Groenheuwel plaasvind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.