Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
KN-dramaspan skitter by fees

Klein Nederburg Sekondêr se dramaspan het vanjaar twee produksies op die planke gebring.

Simunye, we are one, ons is een is in April vanjaar in die Kunstekaapteater vir die Suidoosterfees opgevoer en is twee aande staande in ’n stampvol teater toegejuig. Hierdie produksie het bestaan uit sang en dans en musiek van die diverse kulture wat in SA aangetref word en is saamgestel deur die regisseur en taalopvoeder Ernest Loth. Sy choreograwe was Vershwille Seconds en Bernelee Fortuin.

Buiten die produksie takel die dramaspan ook die nuutgeskrewe teks, Die Anderkant, geskryf deur Loth, en neem dit deur middel van ’n kort toer na die Goliath Davids-dramafees in Heidelberg. Hier het die groep twee trofeë gewen – een vir nuutgeskrewe teks en een vir beste regisseur. Die produksie self asook die skool het ’n silwerprys ontvang .

Nicole van Niekerk, wat ook ’n silwermedalje by die ATKV-tienertoneel vir haar rol as die antagonis in die doderyk ontvang het, en Clinton Weitz het goue medaljes vir hul spel ontvang.

Loth het ook die goue medalje en trofee ontvang vir beste regisseur en vir nuutgekrewe teks.

Silwermedaljes is ontvang deur Greano Baron as Vetsug, Charmon-Lee Herringer as Woede, Eliska Jacobs as Wellus, Gerelee Barends as Jaloesie, Almeter Koopman as Luiheid en Clayton Weitz vir sy rol as Stem 4 (Billy), Robin Appollis as Trots, en Wesley Jantjies vir sy twee rolle as Die Jongman en Hebsug. Matthew Van Schoor het ook ’n silwer medalje ontvang as Stem 1 (Tim), asook Chelsea Mouries (silwer) vir Stem 5 (Vera).

Valne Schoeman, Adlynn Mouries, Erin Smith, Caiden van Schoor en Ethan Duminy het bronsmedaljes ontvang.

Die produksie se klankbaan is deur Houston Davids vervaardig en die beligting is deur Chesley Sauls.

Sharon Wyngaard het die kostuums gemaak.

Die Anderkant speel af in die hiernamaals (doderyk) en bespiegel oor die feit dat ons as lewendes aan hierdie kant, wat ook die ander kant word as jy in die ander kant kom, opreg met mekaar moet wees, dat ons ons bagasie hier moet los en nie na die ander kant moet saamdra nie, dat die dood nie gevrees moet word nie, maar wel die oordeelsdag en ander netelige vrae waarmee ons gereeld worstel.

Hoewel drama nie as vak nie, maar slegs as buitemuurse aktiwiteit aangebied word, het die skool twee akteurs in die vermaaklikheidswêreld opgelewer, van wie Roberto Meyer tans te sien is in Arendsvlei. Hy was ook in die TV-sepie Knapse kêrels te sien.

Veronique Japhtas is te sien as aanbieder in De Kat en is tans ’n derdejaar-dramastudent in Stellenbosch.

Ten slotte beweer die regisseur, Loth, dat die rol wat die estetiese in leerders se lewe speel, erg onderskat word. Drama en die liefde vir opvoedende en visuele kunste tesame met die akademie help die kind om ’n meer gebalanseerde, geestelike lewenstyl te ontwikkel, buiten die fisieke voordeel van sport.

Hy wens skole wil ook meer in die kulturele aspek belê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.