Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kom kuier by #OnseFees

Kom sluit die jaar af van 6 tot 8 Desember by die Afrikaanse Taalmonument wanneer die #OnseFees plaasvind.

Die fees is ’n eerste in sy soort in die land en is deel van vanjaar se baie gewilde ATKV-Rieldansfees wat jaarliks by die Taalmonument gehou word.

Die ATKV, Afrikaanse Taalraad en die Taalmonument hou Vrydag 6 Desember om 14:00 die OnseTaal-gesprek by die #OnseFees.

Die gesprek sal aangebied word deur Karien Brits, bestuurder: ATKV-Taal, en Michael Jonas, uitvoerende direkteur van die Afrikaanse Taalmonument. Die gesprek dien ook as begin van die ATKV se 90ste verjaardagvieringe.

Hulle sal gesels oor die diversiteit van die Afrikaanse landskap en hoe die taal mense saambind. Die paneel bestaan uit: Annelise de Vries, Danneline Ramsden, kaptein John Witbooi, Sonél Brits en prof. Elvis Saal. Daar sal ook kos- en wynstalletjies wees.

Saterdag 7 Desember bied die ATKV, in samewerking met Die Vriende van Afrikaans, ’n kinderprogram met Babalela van 09:00 tot 10:00 by die Taalmonument se amfiteater aan, waar die kinders in die poppeteater, met boekvoorlesings en ’n hele rits kreatiewe vermaak en aktiwiteite besig gehou sal word terwyl ma en pa kunstenaars soos Afrikaans Ruk, Radio Kalahari Orkes en Joshua na die Reën kan geniet. Die oggend is daar ’n praatjie, “Brekfis met Koelsoem en Florie”.

Ander hoogtepunte sluit in die ATKV-Crescendo-slypskool wat aangebied word met 14 van die land se topliedjieskrywers wat die laaste slypskool as deel van die ATKV-Crescendo mentorprogram bywoon.

Die doel van ATKV-Crescendo is om nuwe talent te ontdek, te ontgin en te ontplooi. Die pro­gram is vir die soeke na nuwe klanke in Afrikaans en diversi­teit en skep ’n platform waar mense hul talente kan uitleef in genres wat nog nie kommersieel in die Afrikaanse mark gehoor kan word nie. Genres soos reggae, R&B, jazz, hip-hop en selfs house en funk word ontgin. Die aanbieders/mentors is: HemelBesem, Melissa van der Spuy, Deon Meiring (Glaskas), Danie du Toit (Spoegwolf), Anna Davel, DieHooflig, Rumacques Gelderbloem (Oxijin), Herman Kleinhans (gasspreker en vorige Crescendo-finalis) en YOMA (Afrikaanse vroulike hip-hop-ikoon en Ghoema-wenner).

’n Crescendo-konsert sal Vrydag 6 Desember in die Digterstuin by die Taal­monument gehou word.

Kosliefhebbers kan uitsien na die beursprogram vir amateur­sjefs in samewerking met die Paarlse Hurst-akademie, LAPA-uitgewers en M4Events (namens Kokkedoor en Skolekook). Die beurs sal as die Koelsoem-en-Florie-beurs bekend staan.

Martelize Brink sal regstreekse onderhoude vir RSG voer met tannies Koelsoem en Florie van Bonteheuwel.

Drie finaliste uit die skole-kookkompetisie sal gekies word, waarna hulle aan die Koelsoem-en-Florie-beursprogram sal deelneem. Die finaliste sal dan ’n werksessie bywoon wat deur die Hurst-akademie aangebied word en wat oor ’n paar dae strek waar die leiers van Hurst die finaliste beoordeel om te sien wie van hulle aan die Hurst-beurstoelatingsvereistes voldoen.

Ruben Riffel is die hoof van dié program.

’n Beurs vir amateurfilm­makers word ook by die fees in samewerking met City Varsity College aangebied. Tweedejaar-filmmakerstudente van die kollege kry die geleentheid om in te skryf en die week se Crescendo-slypskool, die eindkonsert sowel as die Saterdagaand se Rieldans-eindronde op te neem.

Die fees word afgesluit met die Groet-is-’n-Moet-gemeenskapsete en -konsert Sondag 8 Desember. Tafels kan teen R2 500 per tafel vir tien mense bespreek word.

Kunstenaars soos Anna Davel, Bongani Kubheka, Megan Geoffrey-Prins, Corneil Muller, die EDNAs met begeleiding deur plaaslike musikante en optredes deur The Joyful Singers, Okadene-plaaskoor en Unity Male Voices van Prins Albert sal optree. Kontak Bjorn Pick by 021 880 1761 of bjornp@atkv .org.za vir besprekings. Besoek www.atkv.org.za vir die program.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.