Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kom ‘tel die drade op’ met Compassionate Friends

“Drade” is die tema van die jaarlikse nasionale byeenkoms van die Suid-Afrikaanse Compassionate Friends, die internasionale steungroep vir ouers wat ’n kind verloor het.

Vanjaar se byeenkoms word van 9 tot 11 Augustus net buite Stellenbosch gehou. Die organiseerders nooi ouers wat ’n kind verloor het om nuwe bande te kom smee met diegene wat weet waardeur hulle gaan, en om letterlik weer die “drade” terug na die lewe op te tel, al is dit dalk rou en uitgerafel, of dalk selfs op die punt om te breek.

Die boodskap is dat jy deel vorm van die ryk skering en inslag van die lewe, en dat jy nie alleen is met jou verdriet nie.

Die leier van die Somerset-Wes-tak, Alta Volschenk, sê vanjaar se tema is gekies om ouers te help om nuwe moed te kry vir die onbeskryflike seer pad waarop die noodlot hulle geslinger het en “om al die drade weer op te tel om ’n nuwe harmonie te skep”.

Daar sal ’n weefraam wees, asook verskillende kleure wol, en almal sal kans kry om gedurende die byeenkoms letterlik “die drade op te tel” en saam te weef. Teen die einde van die byeen­koms sal die nuwe kunswerk wat tot stand gekom het, gewaardeer word met die besef dat jy tóg ’n nuwe begin kan maak, al was jou “drade” dalk uitgerafel.

Die Compassionate Friends is ’n inter­nasionale interkerklike steungroep van wie die lede wedersydse steun bied aan ouers wat ’n kind verloor het. In Suid-Afrika is daar ongeveer 13 groepe dwarsoor die land wat gereeld byme­kaar kom, en maandelikse nuusbriewe word selfs na Zimbabwe gestuur. Daar is geen ledegeld nie, en geen fooie word gevra vir die steundienste hulle lewer nie. Die byeenkoms word by die Mountain Breeze Chalets en Woonwa­park op die R44 tussen Stellenbosch en Somerset-Wes gehou en word deur die Wes-Kaapse Compassionate Friends-takke van Kaapstad, Somerset-Wes, Kuilsrivier, Hanover Park en die Paarl gereël. Mense wat nog nooit by ’n Compassionate Friends-byeenkoms was nie, is welkom om die geleentheid by te woon.

Vir konferensiepakkette en meer inligting, kontak vir Alta Volschenk op aswannie@mweb.co.za of Ina Thiart op inat@live.co.za

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.