Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kommer oor krake in damwal

Ondersoek word ingestel na die toestand van die Voëlvleidam se wal nadat groot krake onlangs in die damwal ontdek is.

Die dam, langs die R44 net buite Gouda, het in die 18de eeu eers bekend gestaan as Vogelvlei. Die damwal van 10 meter in lengte en breedte is in 1971 ná drie jaar voltooi.

Die Voëlvleidam, wat 158,6 miljard kubieke liter water kan berg en water aan Stad Kaapstad lewer, is die enigste waterbron vir die Swartland en Weskus-munisipaliteit asook verskeie plase in die omgewing van Gouda en Hermon.

Die krake, waarvan een ernstig, is onlangs in die damwal gevind. Dit kan moontlik aan gronderosie, sterk wind en verspoelings toegeskryf word.

Die afdeling vir waterwese by Voëlvleidam het tans geen implemente om die damwal te herstel nie. Inbrekers het glo twee jaar gelede by die voorraadstoor ingebreek en al die implemente, behalwe ’n Landini-trekker uit die jare sewentig, is gesteel.

Leon Basson, DA-LP en woordvoerder oor water en sanitasie, het by navraag per e-pos gesê hy het dadelik die probleem by die kantoor van die direkteur-generaal van waterwese aangemeld en opdrag gegee dat ’n ondersoek van stapel gestuur word.

Intussen het Basson vroeër dié week te kenne gegee hy sal na verwagting vandag (Donderdag) die dam besoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.