Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kwajongens se pa’s gaan boet

“Sedert Paarl Postse beriggewing in 2017 oor die jeug wat betrokke is in bendegeweld in Paarl-Oos, het die Paarl-landdroshof ’n afname in misdade gesien wat voor die hof gebring is.”

Só sê adv. Nathan Johnson, distriksbeheeraanklaer van die Paarl-landdroshof en Wynberg-afdeling.

Maar eersdaags gaan die vaders van hierdie jeugdiges wat weier om onderhoud te betaal, dopgehou en vervolg word.

Dit volg nadat talle ouers van sulke minderjarige kinders wat die skool verlaat en by misdaad betrokke raak, gewaarsku is dat hulle volgens die Suid-Afrikaanse Skolewet, Wet 84 van 1996, aangekla kan word.

Volgens Johnson het verskeie ouers by sy kantoor kom aanklop vir hulp omdat hul kinders nie meer wou skool toe gaan nie.

Dit is toe dat hy agtergekom het dat van die gefrustreerde moeders van dié kinders met ’n lang onderhoudverhoor besig is omdat die pa’s nie onderhoud wil betaal nie.

Johnson verduidelik die proses: “Alle vaders wat hulle daaraan skuldig maak om onderhoud te ontduik, sal vervolg word en die hof sal versoek word dat hulle direkte tronkstraf opgelê word sodat dit ’n boodskap kan uitstuur.

“Betaling wat in die kriminele hof gedoen word vir wanbetaling sal slegs as versagting dien. Die saak sal nie teruggetrek word nie.”

Verskeie gebiede van Paarl-Oos word sedert 2015 deur bendegeweld geteister. Inwoners het op gewelddadige maniere gesterf en baie se lewe is ontwrig. Weens die geweld word gemeenskappe binne hul huise gevange gehou. Baie van die bendelede is minderjariges wat nie meer skoolgaan nie en is vir dié dade voor die hof gebring.

’n Speurder, sers. Willem Ockhuys van die Paarl-Oos-polisiekantoor, het by Johnson gaan aanklop vir hulp.

Die Skolewet het daartoe gelei dat die polisie die ouers van die jong misdadigers ook kan aankla.

Johnson het vroeër vanjaar verskeie sekondêre probleemskole besoek wat deur die departement van justisie uitgewys is. Hy wil dié kinders wat nou rehabilitasie van die departement maatskaplike dienste ontvang, beloon met sertifikate vir die studente wat die beste presteer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.