Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
KWV sal volkome van verwoestende brand herstel

Die Drankreus KWV is ná die rampspoedige brand by sy perseel in November verlede jaar meestal ongedeerd gelaat.

Die brand het waarskynlik miljoene rand se skade by die aanleg in Kohlerstraat veroorsaak.

Verlede jaar was ook KWV se eeufeesjaar.

Teen die derde week van Desember was die versekeraar se forensiese verslag voltooi, maar is weens standaardpraktyk nie aan KWV bekendgemaak nie.

Volgens KWV is hy wel mondelings ingelig dat daar geen bevinding was rakende kwaadwillige brandstigting of nalatigheid nie en die versekeraar het die eis in beginsel toegestaan.

Die maatskappy sê ’n deeglike proses om die uiteindelike skade te bepaal, word nou deurgevoer en dit sal teen einde Februarie afgehandel wees. ’n Voorlopige bedrag is reeds uitbetaal en opruimingswerk is teen einde Desember voltooi; die siviele werk aan strukture en die dak sal in Februarie begin en sekere toerusting is ook reeds bestel. “Ons verwag om teen einde Julie gedeeltelik operasioneel en teen einde Oktober ten volle operasioneel te wees,” het die maatskappy gesê.

*The alcohol giant KWV will recover completely from the devastating fire. By the third week of December, the insurer’s forensic report had been completed but, as is standard practice, was not disclosed to KWV. According to KWV, it was verbally informed that there was no finding of arson or negligence, and the insurer therefore granted its claim in principle.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.