Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
KWV se eeufees met swier gevier

Die rooitapyt is Saterdag­aand vir strydrosse in die wynbedryf uitgerol.

Almal wat daartoe bygedra het om dié maatskappy in ’n internasionale reus te omskep, het KWV se 100-jarige vieringe bygewoon.

Die nuwe eienaars van KWV se handelsname en bedryfs­bates, Warshay, het die glans­geleentheid gereël. wat die swier geleentheid gereël het wou ook wys dat hulle daartoe in staat is om die glans van die KWV van ouds voort te sit.

Die uitgesoekte gaste is van die staanspoor af deur ’n ere­wag van jongmense begroet wat al buigend, terwyl hulle hul hoede afhaal, hulle op die gronde van die KWV verwel­kom.

Musikante het vir strelende agtergrondmusiek gesorg, terwyl gaste drankies voor die ete en canapé’s in ’n veroude­ringskelder geniet het.

Hierna is die deur na die legendariese Katedraal Kelder van die KWV geopen waar langtafels stylvol vir die 100 gaste gedek is.

Bekende sjef Mynhardt Joubert het ’n vyfgang­maal­tyd voorberei wat saam met van die beste KWV-wyne bedien is. KWV is in 1918 as ’n koöperasie deur wynboere gestig.

Onder die bekendes wat die aand bygewoon het, was voormalige voorsitters van KWV en bekendes in die wynbedryf, Lourens Jonker, Danie de Wet, Neil Ellis van Neil Ellis-wyne en ’n voormalige direkteur en wynmaker van die KWV, en Johann Krige, ’n voormalige bemarkingshoof, en eienaar van Kanonkop-wynplaas.

Onder die ander gaste was Wes-Kaapse ministers Alan Winde, provinsiale minister van ekonomiese geleenthede, en Anroux Marais, minister van kultuursake en sport.

Boyce Lloyd, uitvoerende hoof van KWV, het met die verrigtinge almal bedank “wat die visie gehad het om te besef iets spesiaals kan gedoen word vir die mense wat eendag in hul voetspore gaan volg”.

“Dankie vir daardie dapper besluit en daardie visie wat julle soveel jare gelede gehad het van hierdie nalatenskap vir ons.”

Lloyd het gesê KWV se mandaat is vandag baie anders as wat dit 100 jaar gelede was toe die koöperasie gestig is om surpluswyn uit die wynbedryf te verwyder.

“Ons mandaat is nou eenvoudig om die beste kommersiële entiteit te wees wat ons kan wees en aan ons verbruikers die beste moontlike handelsname te lewer.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.