Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Laat ons aanhou om saam te werk

Liewe inwoners van Bergrivier,

Die president het Saterdag 15 Augustus die nasionale inperking na vlak 2 verlaag. Dit beteken dat meer van ons sektore terugkeer werk toe en dit sal ’n positiewe uitwerking op ons ekonomie hê. Ek verwelkom die president se aankondiging.

Onthou egter dat u steeds verplig is om die Covid-19-regulasies na te kom deur altyd u masker te dra wanneer u die huis verlaat, veilige afstande te handhaaf en van 22:00 tot 04:00 by die klokreël te hou. Onthou, die koronavirus is ’n werklikheid.

Kwartaal 3 het op 17 Augustus vir sekere grade begin en baie van ons leerders is terug op skool; sommige gaan elke dag skool toe en ander wissel tussen skoolgaan en skoolwerk by die huis doen. Formele assesserings/eksamens begin binnekort. Ons wens alle leerders sterkte toe en is vol vertroue dat hulle sal presteer. Ons wens al die hoofde, opvoeders en personeellede in onderwys alles van die beste vir hierdie kwartaal toe en gee ons opregte waardering vir diegene wat die leerders ondersteun. Ons hou al die ouers en leerders in ons gebede. Ons wens alle matrikulante sterkte toe met hul komende eindeksamen. Aan dié wat aansoek vir tersiêre opleiding doen – onthou, universiteite, onderwys-instellings en departemente wat beurse aanbied, is aanlyn toeganklik en ondersteunende dokumentasie kan direk op die betrokke webwerf gelaai word.

Onthou ook: “ ’n Belegging in kennis betaal altyd die beste rente.”

Sommige universiteitstudente het reeds na hul kampus of koshuis teruggekeer, terwyl ander studente aanlyn toetse aflê en take van die huis af voltooi. U toewyding tot u studies is bewonderenswaardig. U is ’n ware bewys vir ons jeug dat harde werk beloon word. Hou aan om met vertroue in die rigting van jou drome te gaan en lewer altyd jou beste.

Ondanks Covid-19 lewer ons noodsaaklike werkers, opvoeders, plaaslike ondernemings, die landbousektor, NRO’s en vrywilligers steeds gewaardeerde dienste, ondersteun mekaar en sien om na mekaar, en hiervoor bied ek as uitvoerende burgemeester van die Bergrivier-munisipaliteit my opregte waardering vir u toewyding en vasberadenheid. Saam kan ons enige hindernis oorkom.

Ek wil weer eens die belangrikheid van ’n onpartydige houding teenoor lede van die gemeenskap wat positief vir Covid-19 getoets is, beklemtoon.

Ons moet bemoedigend, ondersteunend en positief wees en die negatiewe stigma uitwis.

Hou aan om ouer mense te versorg en hul gesondheid te beveilig, leer die kinders oor die regulasies en ontmoedig hulle om onnodig rond te loop of op straat te speel.

U gesondheid is ’n prioriteit.

Onthou die vyf goue higiëne-reëls:1. Was u hande gereeld met seep onder lopende water vir minstens 20 sekondes.2. Moenie met ongewaste hande aan u gesig raak nie.3. Hoes of nies in ’n sneesdoekie of in die buig van u elmboog. Gooi die sneesdoekie op ’n veilige plek weg.4. Bly op ’n veilige afstand – minstens 2 meter – van ander mense af, en5. Bly tuis as u kan.

Hoewel die munisipale gebied nie meer as ’n Covid-19-hotspot kwalifiseer nie – danksy die verhouding tussen aktiewe gevalle teenoor elke 100 000 inwoners wat nou op net 30 staan – het ons as gemeenskap talle geliefdes verloor.

Ons wil ons innige meegevoel betuig aan die families wat geliefdes verloor het. Almal is in ons gebede gedurende hierdie moeilike tyd.

My gebed vir die Bergrivier- munisipale gebied:

“God, gee my die kalmte om die dinge wat ek nie kan verander nie, te aanvaar. Gee my die moed om die dinge wat ek kan, te verander, en die wysheid om die verskil te ken.”

Laat ons aanhou om saam te werk tot voordeel van ons gemeenskappe. Beskerm u geliefdes en sorg vir mekaar, en ons sal die oorhand kry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.