Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Leerder se boek ook oorsee Skryf is die geheim tot haar sukses

’n Plaaslike gr. 10-leerder van Hoërskool Wellington se heel eerste boek word tans internasionaal verkoop.

Hillary Geslin van Egoli in Carterville se boek getiteld Success comes with effort, word sedert 6 September aanlyn in oorsese lande verkoop.

Sy vertel dat sy begin skryf het om uiting te gee aan haar gevoelens, maar dat sy deur middel van haar boek jongmense wil motiveer om uit te styg bo hul omstandighede en nie aan hulself te twyfel nie.

“As jy jouself ken, kan mense maar wat ook al van jou sê.”

Hillary vertel dat sy nog geen formele opleiding gehad het nie, maar dat sy maar vir haar tannie, wat haar mentor en bestuurder is, gelees het om te hoor of als reg klink.

“Ek het vir haar gesê, wie nie waag nie sal nie wen nie,” vertel haar tannie, Angeline Geslin-Truskie.

Volgens Hillary het sy ses maande geneem om die boek te voltooi.

Angeline vertel toe die boek afgelewer word was Hillary nog in die skool en kon hulle nie wag om die nuus vir haar oor te dra nie.

“Toe ek die boek sien het ek glad op my aunty gespring. Ek het gelag en gehuil,” vertel Hillary.

Volgens Hillary het die skoolhoof haar by die weeklikse byeenkoms vorentoe geroep en vir die res van die skool van haar boek vertel.

“Ek het ’n gevoel ervaar wat ek nie kan beskryf nie. Een van die meisies by die skool het vir my gesê dat toe ek haar vertel van my boek het sy gedink dit is als in my verbeelding.”

Hillary vertel dat sy ook genooi is om volgende jaar ’n funksie vir skrywers in Amerika by te woon.

Haar boek sal 30 November aan plaaslike inwoners bekendgestel word.

Vir meer oor die boek, bel Angeline Geslin-Truskie by 084 296 1695.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.