Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Lentetyd in die Boland
Lentetyd in die Boland


Paarl Post en TC Events se jaarlikse My Kind & Ek-ekspo word Saterdag 7 September tussen 10:00 en 17:00 by Nederburg Wyne in die Paarl aangebied.

Buiten die meer as 60 stalletjies waar mammas kan koop, sal die kleinspan vermaak word deur Tjiff & Tjaff, Hentie & the Bully-poppekas, Sonja en Tjokker, Kanoeksie en Kadoeksie en Magic of Regardt Laubscher terwyl Livfit oud en jonk sal wys hoe om fiks te bly. Dogs and All sal ’n hondevertoning aanbied en ponieritte sal ook beskikbaar wees. Flyball sal ook om 12:00 ’n hondevertoning aanbied.

Koop jou kaartjies by Computicket of Saterdag by die hek. Toegang is gratis vir kinders tot drie jaar oud, R50 vir kinders tussen vier en 12 en R90 vir volwassenes. ’n Gesinspakket van R250 behels twee kaartjies vir volwassenes en twee vir kinders.

Besoek die My Kind & Ek/My Child & I facebook-blad vir meer besonderhede.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.