Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Lisensies bly geldig

Die departement van vervoer het onlangs besluit om die geldigheid van alle motor- en bestuurslisensies wat in die inperking verval het of nog gaan verval, verder te verleng.

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het Woensdag 22 Julie regulasies in die Staatskoerant gepubliseer oor onder meer die geldigheid van lisensies wat in die inperkingstyd verstryk.

Alle rybewyse vir leerlinglisensies en bestuurderlisensies sowel as tydelike rybewyse en professionele permitte wat in die tydperk van 26 Maart verstryk het of nog tot 31 Augustus geld, is steeds geldig en word tot 31 Januarie 2021 verleng. Alle lisensieskyfies vir motorvoertuie, tydelike permitte en padwaardigheidsertifikate wat in die tydperk 26 Maart tot 31 Mei verstryk het, bly geldig en word tot 31 Augustus 2020 verleng.

Motorhandelslisensies wat van 26 Maart tot en met 31 Mei verstryk het, is geldig en tot 30 November 2020 verleng.

Die Automobiel Assosiasie (AA) het die jongste verwikkelinge verwelkom as ’n reuseoorwinning vir motoriste. Die AA het vroeër in Julie ’n aanlynpetisie van stapel gestuur om die departement te oortuig om die geldigheidstydperk tot einde Januarie 2021 te verleng.

Die AA sê motoriste moet egter so gou as moontlik enige lisensies wat verstryk het, laat hernu.

Plaaslike inwoners kan ook kies om hul lisensies aanlyn op hul onderskeie munisipaliteite se webwerwe te hernu. Inwoners moet daarop let dat die aanlynbetalingsfasiliteit slegs vir voertuiglisensies geld.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.