Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Loop lig vir stasieboewe!

“Help! Help ons; kom help ons tog asseblief!”

Dít was die pleitende woorde van ’n 47-jarige vrou van Egoli, Wellington, toe sy en haar man en hul 10-jarige dogter onlangs kort ná 12:00 op die Mbekweni-treinstasie aangeval is.

Die slagoffer – wat al 23 jaar lank met die trein van Mbekweni-stasie af ry – en haar gesin was onderweg na Eerste­rivier om vir die naweek by haar suster te gaan kuier. Sy verkies om weens veiligheidsredes anoniem te bly.

“Ek, my man en dogter het in die wagkamer by die treinstasie gesit en vir die trein gewag toe drie mans, wat met skerp messe gewapen was, ons oorval het. Die mans het reguit na ons toe gehardloop. Ek is ’n asmalyer en het so hard as moontlik probeer gegil. Een man het na my man gegryp en hom teen die kop met ’n mes gesteek. My man het toe verder met hom gestoei en ek is ook met ’n mes gesteek toe ek probeer keer dat hulle my selfoon steel.”

Nog drama het gevolg toe die derde aanvaller na hul dogter, wat oor hul sakke gewaak het, gehardloop het om haar te beroof.

“My dogter het vinnig gedink, haar vuis gevou en hom hard op sy mond geslaan. Hy het my handsak gegryp, my beursie uitgehaal en gevlug,” vertel die slagoffer.

Twee veiligheidswagte het die lawaai gehoor en nader gehardloop, waarna die rowers weggehardloop het.

“ ’n Mens is net nêrens meer veilig nie, en gewis nie op die trein nie.”

Meld misdade in die Mbekweni-gebied aan by 021 868 9900/ 021 868 9926.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.