Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Lyk gevind van kind wat glo pille inkry

Vrae word gevra nadat die lyk van ’n sesjarige seuntjie Dinsdagnag (18 Februarie) in sy ma se woning in Klaasenstraat, Wellington, gevind is.

Hy het vermoedelik pille ingekry, maar die omstandighede word nog ondersoek en dit was teen druktyd nog vaag. Die Wellington-polisie het beklemtoon dat die ondersoek in ’n uiters sensitiewe stadium is en dat hulle nie kan bespiegel oor hoe die kind dood is nie. Kapt. Basil Seekoei, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig die polisie doen ’n geregtelike nadoodse ondersoek en dat die lyk gevind is.

’n Ooggetuie het vertel dat die seuntjie se ma Woensdagoggend in ’n polisievoertuig van die toneel af weggeneem is. Haar identiteit word teruggehou totdat haar rol in die saak bevestig is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.