Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Lynelle pronk in kookprogram

Die Paarl-boorling, Lynelle Kenned, is vanaf 6 Februarie te sien in ’n splinternuwe kookprogram, Uit die Spens.

In hierdie VIA-kookreeks word daar nuwe lewe aan onthoukos gegee. Dit is ’n interessante kinkel wat deur middel van kostradisies een en elk nostalgies maak oor hul grootwordjare.

“Ons kyk na resepte wat Die Burger al van die dertigerjare af gepubliseer het en ons sien hoe die koskultuur en tradisie verander het oor die jare,” vertel Lynelle.

Netso het die program haar teruggevat na haar kinderjare in die Paarl. “Kos en feesviering was nog altyd deel van ons familie wanneer ons bymekaar gekom het. Daar was baie Kaaps-Maleise invloede, bredies en sulke goed,” vertel Lynelle.

“In die winter het my ma altyd die wonderlikste waterblommetjiebredie gemaak en op een van ons episodes is dit juis dié gereg wat ons maak.”

Die idee van ’n kosprogram aanbied was dus iets wat gou by haar aanklank gevind het.

“Ek was baie opgewonde toe ek uitvind waaroor dit gaan en dit het gehelp dat ek vertroud was met leefstyl-programme.”

Lynelle het diep in Pasella-kykers se harte geklim in die vier jaar wat sy die leefstyl-program aangebied het, en was ook verlede jaar te sien in VIA se huisopknapprogram, 1, 2, 3 Fix It!.

Die gaste in Uit die Spens is onder andere oudwerknemers van Die Burger, soos Bun Booyens, Willem Pretorius en Steve Immelman tot bekende sjefs soos Errieda du Toit, Ina Paarman en Moskou du Toit.

Uit die Spens word Donderdagaande om 19:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai. • Lynelle Kenned is featured in a brand new cooking show, Uit die Spens, that combines past and modern recipes on VIA (DStv channel 147) on Thursdays at 19:00.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.